SANParke kry nuwe helikopter vir stryd teen renosterstropery

Foto: SANParke

Foto: SANParke

SANParke het ʼn nuwe gespesialiseerde helikopter gekry om hom by te staan in die stryd teen renosterstropery.

“SANParke is die trotse ontvanger van ’n splinternuwe Airbus AS350 B3e-helikopter met nagvlieg-vermoë wat beskikbaar gestel is deur die finansiering van die Howard G. Buffett-stigting,” het die organisasie in ’n verklaring gesê.

Kunseni Dlamini, voorsitter van SANParke, het gesê die organisasie het in 2014 aanvanklike finansiering van R254,8 miljoen gekry vir teenstropery-bedrywighede in die Krugerwildtuin. Volgens Dlamini is die eerste helikopter in September 2014 aangekoop.

Die Howard G. Buffett-stigting het ’n verdere R37,7 miljoen aan SANParke beskikbaar gestel om ʼn tweede Airbus AS350 B3e-helikopter te koop. SANParke maak ook van onbemande lugtuie in die Krugerwildtuin gebruik.

Foto: SANParke

Foto: SANParke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Sjoe, dit klink positief – ek hoop regtig dit werk. Enigiets moet prober word om die stropers te uitoorlê en ons arme weerlose diere te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.