SANParke kry wapenskenking vir geveg teen renosterstropery

SANParke ontvang ʼn 40 mm-onderloop-granaatlanseerder (UBGL) van Milkor. Van links is  genl.maj. Johan Jooste, SANParke se hoof van spesiale projekte, Nonhlanhla Mbatha, wildbewaarder, Oupa Manzini, wildbewaarder, William Mabasa, SANParke se uitvoerende hoof van kommunikasie, en Marius Roos, Milkor se uitvoerende hoof. Foto: Verskaf

SANParke ontvang ʼn 40 mm-onderloop-granaatlanseerder (UBGL) van Milkor. Van links is  genl.maj. Johan Jooste, SANParke se hoof van spesiale projekte, Nonhlanhla Mbatha, wildbewaarder, Oupa Manzini, wildbewaarder, William Mabasa, SANParke se uitvoerende hoof van kommunikasie, en Marius Roos, Milkor se uitvoerende hoof. Foto: Verskaf

Die wapenvervaardiger Milkor het Donderdag SANParke met ʼn wapenvoorraad van 40 mm-onderloop-granaatlanseerders (UBGL) voorsien in die geveg teen renosterstropery.

Fundisile Mketeni, SANParke se uitvoerende hoof, het tydens die geleentheid in Groenkloof, Pretoria, gesê SANParke se wildreservate dien as tuiste vir die wêreld se grootste renosterbevolking, waarvan die meerderheid in die ikoniese Krugerwildtuin te vinde is. Mketeni het gesê SANParke moet nuwe, innoverende metodes ontwikkel om stropers te bestry, aangesien aanvalle op renosters voortdurend toeneem.

“Die Suid-Afrikaanse renosterbevolking is een van die laaste lewensvatbare aanteelgroepe ter wêreld, wat dit uiters kwesbaar maak. Suid-Afrika is dus die wêreld se enigste hoop met betrekking tot renosterbewaring en ons het geen ander keuse as om dié oorlog te wen nie,” het hy gesê.

Marius Roos, Milkor se uitvoerende hoof, het gesê hy glo die UBGL se kenmerkende lae gewig en duursaamheid, asook sy uiteenlopende dodelike en niedodelike funksies soos fakkel, rook, flits-knal, stukrag en rubberpatrone, sal baie nuttig in SANParke se teenstroperyveldtog wees. Die UBGL bied die gebruiker boonop ʼn bykomende voordeel teen tradisionele granaatwerpers, aangesien dit ontwerp is om as aanvalsgeweer te funksioneer.

“SANParke sal die wapenstelsels landwyd kan ontplooi as deel van hul teenstropery-arsenaal,” het Roos gesê. “Milkor is verbind tot die stryd, en ons sal ons wapens bly verbeter as die omstandighede dit vereis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Joann ·

O maai,net nou gebruik hul wapens om nog meer moorde te pleeg ipv.stropers

KarooKlong ·

5 Niedodelike funksies. Wat ‘n grap.
Die keuses waarop jy moet besluit in die sekondes voordat jy doodgeskiet word deur ‘n stroper met slegs dodelike funksie. HuH?

humor ·

n Wapen met meer dodelike funksies kan baie kostebesparend wees.

vermeende ·

Alhoewel ek die nodigheid kan sien kom die volgende vrae dadelik op.

Is die draers van die aanvals gewere lisensie houers van die wapens om diere te beskerm want ek soek n R4 om my gesin te beskerm.

Hoekom kry SANParke wapens maar die boere kry net n 10111 nommer wat net nooit geantwoord word wanner dit nodag is nie.

Hoekom mag SANParke n privaat weermag he as misdaadvorkoming en bekamping die SAPD se werk is maar n boer mag net 10111 bel wanneer sy viee gestroop word.

Ons wild moet beskerm word maar ook ons mense en hul eiendom.

Buitestander ·

Korupsie mag daar voor kom maar indirek gaan die boere ook daaruit voordeel trek wat uitlander gaan teë gehou word. Kom ons wees meer positief.

Zirk ·

Enige skenking is welkom om die renosterstroping in ons land te stop. En daardie wapen kan ‘n stroper wat agter ‘n klip of dik boomstomp skuil, lekker uithaal.
Maar wat ek graag wil weet, is waarom word die heining tussen ons en Mosambiek nie weer herstel nie.?.En waarom was die paar oud verkenning-soldate wat die Kruger Park in ‘n ommesientjie “skoongemaak” het, weggeneem.? Was hulle “te effektief”.?Wat sit daaragter.? Almiskie amptenare “hoër op” wat geldelik groot voordeel trek uit renosterhorings.? Vra maar net.

CHRISTA ·

Zirk, ek stem volkome saam met jou! As die heining nie TEN EERSTE herstel word nie, sal die wapens weinig help!!

Kooos ·

Ons lees gereeld van☻ veldwagters wat betrokke is by die stropery ek hoop ook nie die wapens word vir die verkeerde doel gebruik nie.

henry ·

Kan iemand miskien n poligraaf toets masjien skenk… dan kan alle veldwagters gereeld gepoligraaf word!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.