SANParke maak gereed vir talle kansellasies

Marakele Nasionale Park (Foto: SANParke, Twitter)

Na aanleiding van verskeie reisbeperkings wat reeds ingestel is in reaksie op die nuwe Omikron-koronavirusvariant maak Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) hom gereed vir massabesprekingswysigings van besoekers van verskeie lande regoor die wêreld.

Volgens Hapiloe Sello, SANParke se uitvoerende bestuurder van toerisme-ontwikkeling en -bemarking, vereis hierdie ongelukkige verwikkelinge ʼn proaktiewe benadering om nadelige impak op kliënte te verminder.

“SANParke het besluit dat kliënte van die lande wat ʼn reisverbod na Suid-Afrika ingestel het en wat reeds besprekings gedoen het, geen fooie of boetes sal betaal vir wysigings en uitstel vir ʼn tydperk van 12 maande vanaf 26 November tot tyd en wyl die reisverbod opgehef word nie,” het Sello gesê.

“Kliënte wat deur die reisbeperkings geraak is, is welkom om ons besprekingskantore te kontak om hul besprekings na latere datums uit te stel. Ons moedig gaste aan om te kies dat SANParke hul deposito’s behou totdat hulle seker is oor hul reisplanne. Kansellasies en terugbetalings moet as ʼn laaste uitweg oorweeg word.”

Sello sê kansellasies weens ander redes buiten die reisverbod sal steeds aan die standaard kansellasiebepalings en -voorwaardes onderwerp word.

“Ons wil ons besoekers, veral plaaslike reisigers, verseker dat ons nasionale parke hierdie feestyd oop bly en heel waarskynlik een van die veiligste bestemmings is om te besoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Hoekom is almal so bang? Jy is geënt of nie geënt en gaan die storm tegemoet soos die Vlieënde Hollander. Hoe langer ons bang is, hoe meer skade berokken onsself en ons naaste.

Mariana

En so duik die toeriste bedryf al weer in die grond in. Als voel maar net te toevallig, veral na die baie vroeë waarskuwing deur die regering, dat die 4de vlaag gaan begin reg in die begin van Desember. Soveel skade word aangerig.

casper

Sello my perd.
Die parke sal net oop bly as jou Anc meesters dit goedkeur. — Kanse is maar skraal !!

Pietertjie

Die pandemie word fluks ingespan om die huidige ekonomiese bestel te vernietig.

marius

Betaal die geld terug .