Natuurbewaarders in die Tafelberg- nasionale park het ʼn verdagte in hegtenis geneem wat blomme naby Jonkersdam, Red Hill, gepluk het.
Die verdagte het groot hoeveelhede koningsproteas en Kaapse suikerbossie gepluk en het hulle na die pad gedra. Die verdagte is in hegtenis geneem en sal gevolglik aangekla word, het SANParke gesê.
Gegewe die aard van dié onwettige aktiwiteit en die groot getal proteas wat gepluk is, sal SANParke ook verder ondersoek instel oor die onwettige handeldryf met die blomme. Bykomende klagtes kan bygevoeg word hangende die uitslag van die ondersoek.
Natuurbewaarders is al ʼn geruime tyd op soek na die verdagte en is dankbaar vir die wenk van die publiek wat hulle ontvang het om die man in hegtenis te neem.
- (Foto: SANParke, Tafelberg- nasionale park/Facebook)
- (Foto: SANParke, Tafelberg- nasionale park/Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Diefstal is nou die nuwe werkskepping…. Gaan lekker is SA..