SANParke se bewaringshoof geskors

Argieffoto

Argieffoto

SANParke het Dinsdag Hector Magome, hoof van bewaringsdienste, se skorsing bevestig.

“Ons kan die voorlopige skorsing bevestig,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder vir SANParke, gesê. Hy wou egter nie verdere besonderhede verskaf nie en het gesê die saak is “nie vir die publiek nie”.

Thakhuli het wel bevestig dat die kontrak met Pathfinder, ʼn maatskappy wat renosterstroopinligting versamel, gekanselleer is. “Pathfinder se kontrak is gekanselleer en ons hoef nie die redes te verskaf waarom die kontrak gekanselleer is nie. Dit is ʼn saak tussen die kliënt en die diensverskaffer.”

Beeld het berig dat die maatskappy se kontrak nog tot Februarie 2016 geldig is. Volgens die koerant is SANParke “in ʼn oorlog met homself gewikkel”, maar Thakhuli het dit ontken. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Die bestuur van SANParke, en in die besonder die bekamping van renosterstropery, laat veel te wense oor weens onbevoegdheid en ‘n gebrek aan toewyding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.