SANParke sê oor moontlike staking op hande

Argieffoto: Sanparke

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het tot dusver nog nie ʼn formele kennisgewing ontvang dat personeellede van die vakbond Hospersa moontlik binne die volgende paar dae gaan staak nie.

Dit volg nadat onderhandelinge oor salarisverhogings vasgeval het.

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het gesê die organisasie het nog nie ʼn formele kennisgewing kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge van die Health and Other Service Personnel Trade Union of South Africa (Hospersa) ontvang nie.

“SANParke het op 11 Julie met alle erkende vakbonde en Hospersa vergader en versoek dat staking- en betogingsreëls ontwikkel word. Die bestuur het ingestem en onderneem om die reëls saam te stel en binne die komende week met die vakbond te vergader,” het Mketeni verduidelik.

Hy het gesê nuus oor die staking is ʼn verrassing, want die vergadering oor die reëls vir stakings en betogings het nog nie plaasgevind nie. “Indien die vakbond met sy dreigemente sal voortgaan, sal die betrokke werknemers, wat aan die staking deelneem, nie toegelaat word om op SANParke se perseel te betoog sonder ʼn ooreenkoms of toestemming nie. In ʼn poging om die dooiepunt op te los, maan SANParke ook die vakbond om die bestuur se aanbod, van 6% plus 1% betalingsverhoging, wat op ʼn 7%-aanpassing neerkom, te aanvaar, aangesien die onderhandelings afgehandel is.”

Hospersa het in sy verklaring te kenne gegee dat ʼn wins van R1,29 miljard in die vorige finansiële jaar gerealiseer het, en ʼn 9%-verhoging is dus in hul mening geregverdig.

“Ons wil dit graag aan die vakbond stel dat operasionele oorhoofse koste wat salarisse, bewaringsbedrywighede en instandhoudingskoste insluit, deel vorm van SANParke se talle finansiële verpligtinge,” het Mketeni gesê. “Ons aanbod is meer as die huidige VPI. Die VPI vir April en Mei was onderskeidelik 5,3% en 5,4%. Die 7%-verhoging is dus redelik.”

Hy het gesê ondanks Hospersa se aankondiging dat bedrywighede by verskeie parke ontwrig sal word, wil SANParke die lede van die publiek verseker dat gebeurlikheidsplanne geaktiveer sal word wanneer ʼn staking plaasvind, om seker te maak dat dienslewering nie onderbreek word nie en dat besoekers veilig sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Leendert ·

O’K die diere kan nie staak as hulle ontevrede is met hoe hulle vir die nageslag bewaar word nie, hulle ken nie van staak nie, hulle weet ook nie van brand af nie.

Leendert ·

Waarom word vryheid van spraak onderdruk, veral as dit die waarheid is, maar nie noodwendig polities korrek nie?

Chilli ·

Julle kan maar staak ons sal help vrywillig om ons diere te red so staak maar julle

Christie ·

Goed ooreenkoms julle staak kan ons dan julle werk oorneem asseblief daar is baie mense wat smag na werk en wat wou gee vir so n awesome werk ek is eenvan hulle

Ben ·

Christie.Stem volkome saam jou .Sit die advertensie uit .wie wil daar werk met hulle salaris, Eks in want werks geleenthede is min.gaan gereeld soontoe en sal daarvan hou om daar te kan werk in die bos/natuur

Claudia ·

Ek soek werk. As diereliefhebber sal ek dit love om diere kos te gee!! Staak gerus, baie ander wat graag wil werk:-)

Ben ·

As hulle wil staak ,jag hulle weg, ek is is bereid om daar te gaan werk teen n minder salaris.Sit sonder werk met my kwalifikasies.Wat n fees om daaar te kan werk in die natuur/bos.gee my die geleentheid eks daar

Ben ·

Jaag hulle weg .Ek sal daar werk vir daai salaris.Wat n fees in die natuur/bos

Willie ·

Diere kos gee?? Claudia hierdie is die Kruger Wildtuin, nie Pretoria dieretuin nie. Sjoe die onbetwiste wins van R1.29 miljard is nie sleg nie :-)

Koos1 ·

Hulle maak ‘n massiewe wins, maar ek as SA burger kan nie bekostig om daar vakansie te gaan hou nie. Die verblyf is net te duur.

Amanda ·

Mag die Vader help dat hulle tog net nie die wildtuin afbrand oor R10 se verhogings nie…

SARIE VAN HEERDEN ·

Lees koerante, lees Maroela, en al waat jy te lese kry is die stakings wat ORAL plaasvind of mee gedreig word. Ons weet WIE die stakers is. Ons weet ook dat hul net wil he, he, en he en met niks tevrede is nie. Hierdie land is in sy peetjie in en ek sal sorg dat my kinders sover moontlik hier padgee. DIS wat ek en hul pa 50 jaar terug moes gedoen het toe die geleentheid daarvoor daar was.

Theresa ·

Sal graag wil weet wie die eerste persoon was wat die belaglike manier van wil-afdwing deur staking begin het. Dis seker een van die mees ongesofistikeerde maniere om oor iets te debateer. Of ontbreek die kennis van debat dalk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.