SANParke sê oor “toneel uit riller”

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

SANParke het bevind dat wildbewaarders, wat Dinsdag ʼn dooie renoster voor besoekers in die Krugerwildtuin onthoring het, nie verkeerd opgetree het nie.

Gabby Venter, ʼn woordvoerder van SANParke, het aan Maroela Media gesê die renosterkoei het vermoedelik Maandagaand tydens ʼn geveg met ʼn renosterbul gevrek. “Dit is standaard protokol vir wildbewaarders om so gou as moontlik ʼn dooie renoster se horings vir veilige bewaring te verwyder,” het Venter gesê. “Dit geld vir renosters en olifante. Die bewaarders doen dit om die horings en tande uit die hande van stropers te hou, aangesien ʼn dooie dier vir hulle ʼn maklike teiken gaan wees, en stropery aanmoedig.”

Sy het gesê in dié geval moes wildbewaarders dringend ingryp, aangesien die karkas so naby aan die pad was, en dit het die beamptes genoop om dit voor die publiek te doen.

“Ons verstaan dit is ʼn sensitiewe en emosionele saak, maar die bewaarders het net hul werk gedoen. Hulle moet sulke take op ʼn gereelde grondslag uitvoer, die mense moet verstaan dat dit die natuur is. Aangesien die renoster reeds weens natuurlike redes gevrek het, was ʼn veearts nie nodig om hulle by te staan om die horings te verwyder nie,” het sy bygevoeg.

Maroela Media het Woensdag berig hoe die toneel ʼn tienermeisie en ander besoekers ontstel het. Die tiener het die voorval met toneel uit ʼn riller-rolprent vergelyk en is van mening die wildbewaarders het onsensitief opgetree. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hettie ·

Ag nonsens man, hul kon die pad net vir daai tukkie toe gemaak het.

Theresa ·

Ja Hettie. Ek stem. Hoop die horings het by die regte mense ge-eindig. So het dood altyd ‘n oorsaak nê……………….

Melissa ·

Ek sê ook nonsens, lyk my die SANParke kan niks fout vind met hulle wild”bewaarders” nie. Selfs al ry hulle Olifante van die pad af, of kap dooie renosters se horings laggend af!! SIES

veronica ·

Dankie Melissa! Ek sien ek en jy deel dieselfde sentiment! Wat die “wildbewaarders” ookal doen is maar reg vir bestuur??!! Wys jou net: As jy vir wolf skaapwagter maak………..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.