SANParke-staking begin nie soos verwag

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Die bestuur van SANParke het bevestig dat al sy werknemers wat veronderstel was om Maandag vir diens aan te meld dit wel gedoen het, ten spyte daarvan dat ʼn staking vandag sou begin.

SANParke het Vrydag gesê hy het ʼn amptelike kennisgewing van die vakbond Hospersa ontvang dat sy lede vanaf 17 Julie sal staak nadat onderhandelinge oor salarisverhogings vasgeval het.

Janine Raftopoulos, hoof van kommunikasie by SANParke, het gesê SANParke het ’n versoek van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ontvang om Dinsdag te vergader om te probeer om die geskil op te los. “Ons wag ook vir die finalisering van die betogingsreëls,” het sy gesê.

Volgens Raftopoulos monitor die bestuur voortdurend die situasie en is daar gebeurlikheidsplanne gereed indien nodig. “Ons wil graag besoekers aan enige van ons parke aanmoedig om voort te gaan met hul planne aangesien ons doelwit is om te verseker dat hulle ʼn aangename verblyf by ons geniet.”

Hospersa dring aan op ʼn 9%-salarisverhoging vir hul lede, terwyl SANParke bereid is om ʼn 6% plus 1% se betalingsverhoging toe te staan. Hospersa het vroeër in ʼn verklaring gesê dat SANParke in die vorige boekjaar ʼn wins van R1,29 miljard aangeteken het, en ʼn 9%-verhoging is dus in hul mening geregverdig.

Volgens Raftopoulos is die staking wettig, maar sal ʼn “geen werk, geen betaling”-beleid geld vir personeellede wat kies om aan die staking deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mauser ·

Stel ek het nie meer werk nie, wat is my kanse om as veldwagter in diens te tree by Sanparke?ek sou die werk met plesier doen sonder enige salaris verhoging.

Scalla ·

Hospersa weet nie wat aangaan nie, swak, die lede wil werk en het pligs besef, stuur die vakbond in hul kanon in, hul eet jul geld, dis al wat hul doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.