SANParke het Donderdag aangekondig dat die geskil tussen hom en sy werkers rondom lone en diensvoorwaardes opgelos is.
Reynold Thakhuli, woordvoerder vir SANParke, het in ’n verklaring gesê SANParke en drie vakbonde het die geskil vroeg Woensdagaand besleg en die partye het onmiddellik tot ’n ooreenkoms gekom.
Dít volg nadat die toerismereus vroeër vandeesweek aangekondig het dat van sy parke Vrydag gesluit sal wees weens ʼn beplande staking. Dié staking sou na verwagting slegs een dag lank duur en spesifiek in die Krugerwildtuin by die Paul Kruger-hek plaasvind.
Volgens Thakhuli is ’n vergadering egter betyds tussen SANParke en die meerderheidsvakbonde Hospersa en Nupsaw belê waar ʼn kollektiewe ooreenkoms gesluit en onderteken is.
Die ooreenkoms sluit ʼn salarisaanpassing van 8% en meer voordele in.
Volgens Thakhuli sal enige beplande protesoptrede vir Vrydag dus nie voortgaan nie.
Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het die ooreenkoms verwelkom.
“Ons is bly dat die ooreenkoms deur die meerderheidsvakbonde aanvaar is. Dit wys dat die welvaart van werkers eerste gestel is. As werkgewer het ons ʼn billike en gebalanseerde aanbod ingedien wat nie werk in die gedrang sal bring nie en die organisasie sal help om voort te gaan met sy bewaringsmandaat.
“Ons wil ook diegene wat van plan is om ons parke te besoek verseker dat ons wel oop is. Kom geniet u natuur-erfenis,” het Mketeni gesê.
Die vak-bonde bly maar vabonde!!!!
Die vakbonde regeer mos die land een of ander tyd gaan die fontein op droog
Fire die stakers, laat hul vakbonde hul betaal.
Etiese waardes en norme ontbreek!
SANPARKE geniet maar die vakbonde. Ek sal julle nooit weer besoek nie en buitendien is die toerusting in julle behuising nie op standaard nie weens alewige klein irriterende foute. Van hulle personeel is uiters ongeskik en dink mens skuld hulle iets. Neewat ek gaan net oor die grens na Botswana en ervaar vyfster behandeling met vriendelike en beskaafde personeel en n ware Afrika ervaring.
Heeltemal reg .
Te min Te Laat die vakbondbestuur moet maar die plekke besoek en betaal om verliese op te maak
Jy verdien n verhoging , jy “demand” nie net verhogings nie. Na vele klagtes oor vuil badkamers en vuil kampe in Kruger Wildtuin het ek nog nooit n antwoord terug ontvang nie. Karoo Nasionale Park is beslis die BESTE om te besoek, hulle park is uiters skoon en die personeel opgevoed en vriendelik! Baie dankie aan Karoo Nasionale Park personeel, julle verdien n verhoging.
As jy nie vir jou geld wil werk nie stem ek heeltemal saam…laat die unies hulle ondersteuners betaal en klaar!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!