SANParke verwelkom stropers se vonnis

Argieffoto Foto: wwf.panda.org

Argieffoto Foto: wwf.panda.org

SANParke het Woensdag die vonnisoplegging van twee Mosambiekse stropers verwelkom.

Joseph Ephraim Bila en Ndombama Salvatore Nkuna is in die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga tot 16 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle ‘n renoster doodgemaak en onthoring het.

“Die vonnis sal sekerlik voornemende stropers twee keer laat dink voor hulle ‘n heining oorsteek om ons natuurlike erfenis te plunder,” het Abe Sibiya, waarnemende uitvoerende hoof van SANParke, gesê.

Bila en Nkuna is op 27 April verlede jaar deur veldwagters in die Mjokwane-gebied in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

‘n Derde verdagte, die vermeende meesterbrein Tinos “Lucky” Mhlongo, het verlede jaar gevlug nadat hy op borg vrygelaat is.

Sibiya sê die Krugerwildtuin het reeds 351 diere vanjaar verloor weens stropery. Hy sê 60 mense is in hegtenis geneem in verband met van die voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hein ·

Dat renosters se lewens nou meer werd as ‘n Boer s’n geword het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.