SANParke-werkers gaan vir een dag staak

SANParke

SANParke het Maandag aangekondig dat van hul parke Vrydag gesluit sal wees weens ʼn beplande staking.

Reynold Thakhuli, woordvoerder vir SANParke, het gesê die staking sal na verwagting slegs een dag lank duur en sal spesifiek in die Krugerwildtuing by die Paul Kruger-hek plaasvind. Vakbonde het personeel van ander parke ook aangemoedig om te staak.

“SANParke wil gaste gerus stel dat gebeurlikheidsplanne in werking gestel is en sal met onmiddellike effek geaktiveer word in alle parke om ontwrigting van dienslewering te beperk,” het Thakhuli bygevoeg. Volgens hom sal die bestuur van SANParke Vrydag ʼn memorandum van griewe van vakbonde by die Paul Kruger-hek in ontvangs neem.

Bedrywighede by alle ander ingange na die Krugerwildtuin sal normaalweg voortgaan.

“Gaste word dus aangeraai om nie enige besprekings te kanselleer weens die beplande staking deur twee vakbonde nie. Indien die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) toestemming verleen aan die personeel om met ʼn uitgerekte staking voort te gaan, sal verdere inligting bekend gemaak word.”

Thakhuli sê SANParke vra voorlopig om verskoning vir enige ongerief veroorsaak weens die beplande staking by die Krugerwildtuin of stakings by enige ander park.

Die vakbond Hospersa het vroeër gedreig dat hulle landswyd by SANParke gaan staak ná loononderhandelings by die toerismereus vasgeval het. Twee ander vakbonde ondersteun ook die staking. Kevin Halama, woordvoerder van Hospersa, het gesê die vakbond het SANParke gewaarsku om die kwessie van regverdige vergoeding aan te roer, anders sal die staking ʼn negatiewe impak hê op toerisme-inkomste en bewaringspogings.

Hospersa is die meerderheidsvakbond by SANParke. Personeel word ook deur twee ander vakbonde verteenwoordig.

Halama het gesê onderhandelings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het vasgeval ná die partye nie kon ooreenstem oor ʼn salarisverhoging nie. “Die kommissaris het aanbeveel dat die partye op ʼn 8%-verhoging skik, en die vakbonde was bereid om dit te aanvaar, maar SANParke kon slegs 6,5% aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kolle ·

Hierdie land se vakbonde is verwoesters van die ekonomie by uitstek.

Pieter ·

Dalk het dit tyd geword dat ons blankes ook vir n dag staak

Gert van Wierdapark ·

Wonder of besoekwrs ooit gaan agterkom daar is n sa-king aan die gang! He-he!

Franna ·

Inderdaad! Die diens in die wildtuin is pateties! Al die werkers lyk altyd ontevrede en die wêreld skuld hulle mos. Van klientediens is daar nie sprake nie. Swak.

Muffin ·

Die begin van die skoolvakansies. Daar is hopeloos te veel vakbonde en almal maak geld.

Stiks ·

Boikot die wildtuin net vir 6 maande en sien dan wat gebeur

marous ·

Moenie kanselleer nie . Ons winkels gaan toe wees en geen toilet papier nie . Daar gaan dalk ‘n paar karre beskadig word , maar dit bly steeds lekker !

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek boikot die wildtuin al lankal. Ondanks hul hoe pryse is daar alewig items in hul behuising wat nie behoorlik werk nie Ligte en muurproppe wat nie werk nie en los of lekkende krane. Ver van ons Wildtuin wat ons eens geken het . Ek ry net oor die grens na Botswana en beleef die natuur soos van ouds met uiters vriendelike en behulpsame mense waar ookal. Dus julle onvriendelike en loafende Kruger Wildtuin stakers kry vir julle.

Stingel Steyn ·

Ek hoop die leeus staak ook om die stakers te byt wanneer hulle verby die diere gaan optog hou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.