SANParke-werkers in hof oor renosters; name bekend

Argieffoto

Argieffoto

Twee werknemers van SANParke het Woensdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met renosterstropery.

Die saak is tot 16 April uitgestel vir verdere ondersoek. Tshepo Mashale (27), wat in waterbeheer werk by die Krugerwildtuin, en Excellence Shabangu (26), ʼn toergids, sal in aanhouding bly. Die mans is nie tydens hul vlugtige hofverskyning gevra om te pleit nie. Die twee mans is Maandag in hegtenis geneem terwyl hulle van diens af was vir hul beweerde betrokkenheid by renosterstropery.

Abe Sibiya, waarnemende hoof van SANParke, sê die fokus op kriminele elemente in die organisasie is deel van die stryd teen renosterstropery. “Ons sal geen steen onaangeraak laat nie en dit moet ʼn streng waarskuwing uitstuur aan diegene wat saam met stropers saamsweer dat ons vinnig en vasbeslote met hulle sal afreken. Ons is voortdurend op die uitkyk en het dit tot die arrestasie van die individue gelei.”

Altesaam 144 van die 233 renosters wat reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is, is in die Krugerwildtuin gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

144 Renosters!! Waarvoor word al die miljoene ingesamel en geskenk om te help met bekamping van stropery…??? So help almal en daar is geen verbetering nie. Ek wonder maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.