SANParke-werkers in hof oor renosterstropery

hofhamertjie-2-320x264Twee werknemers van SANParke verskyn Woensdag in die Witrivier-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

“SANParke, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het twee werknemers van die Krugerwildtuin Maandag in hegtenis geneem in verband met vermeende renosterstroop-aktiwiteit oor die naweek,” het Reynold Thakuli, woordvoerder van SANParke, Dinsdag gesê.

Thakuli het bevestig dat die twee werkers nie deel is van die wildbewaringseenheid van die wildtuin nie.

Altesaam 144 van die 233 renosters wat reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is, is in die Krugerwildtuin gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.