SANParke-werkers in hof vir renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

Drie werknemers van SANParke wat daarvan beskuldig word dat hulle renosters in die Krugerwildtuin gestroop het, het Donderdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Lawrence Baloyi (34), ʼn veldwagter, Shakes Baloyi (27), ʼn tuinier, en Andre Mabunda (31), ʼn gids, se saak is tot 3 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Ao. Oubas Coetzer, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie is Sondag tydens ʼn gesamentlike operasie tussen SANParke en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in hegtenis geneem. Volgens Abe Sibiya, waarnemende hoof van SANParke, het die verdagtes in die Sabie-area gewerk. Die polisie het tydens hul inhegtenisname op ʼn jaggeweer, ammunisie, ʼn voertuig en toerusting vir stropery beslag gelê.

Sibiya het gesê die drie werkers is in hegtenis geneem kort nadat ʼn renoster in die Sabie-omgewing gestroop is. “Dit is jammer dat diegene wat vertrou word met die welstand van die diere, na bewering die plunderaars geword het van dieselfde erfenis wat hulle ʼn mandaat het om te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Niks verbaas my meer nie. Niemand is meer trots op hulle werk nie. Dit gaan oor geld. Hulle sal hul eie ma verkoop vir geld. Hang hulle!!

Conrad ·

Ek wou volgende jaar n toer beplan en dan n Sanpark in elke provinsie besoek om die omgewing te ervaar. Ek dink ek het so pas my opinie verander en gaan maar privaat parke besoek. Dit is regtig jammer dat Sanparke personeel ook betrokke is by renosterstropery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.