Twee werknemers van SANParke is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
“SANParke, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het twee werknemers van die Krugerwildtuin Maandag in hegtenis geneem in verband met vermeende renosterstroop-aktiwiteit oor die naweek,” het Reynold Thakuli, woordvoerder van SANParke, Dinsdag gesê.
Die twee is glo nie deel van die wildbewaringseenheid in die wildtuin nie, maar was werknemers van die organisasie, het die waarnemende hoof uitvoerende beampte, Abe Sibiya, gesê.
Sibiya sê die strategieë teen renosterstropery fokus op aktiwiteit binne en buite die wildtuin. “Ons is die heeltyd bedag en gevolglik is die twee individue in hegtenis geneem.”
Die twee mans sal Woensdag in die landdroshof in Witrivier verskyn. – SAPA
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Sny hulle ore af. Duidelik wil hulle nie hoor nie.
Orals maak hulle wolwe skaapwagters selfs in die staats diens
Goed om te hoor! Maar die golf bly groot. Die Oosterlinge bly maar die bedreiging teen ons natuurlewe – Renosters, Perlemoen, omkyk-twak ens. Sterkte met die “keer-proses”