SANParke-werkers vas vir renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

Drie werkers van SANParke is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

Abe Sibiya, waarnemende hoof van SANParke, het gesê die drie werkers is in hegtenis geneem kort nadat ʼn renoster in die Sabie-omgewing gestroop is. “Daar is ʼn jaggeweer, ammunisie, ʼn voertuig en toerusting vir stropery in hul besit gevind tydens hul inhegtenisname.”

Sibiya het gesê die drie se inhegtenisname was die gevolg van ʼn gesamentlike operasie deur SANParke en die polisie. “Dit is jammer dat diegene wat vertrou word met die welstand van die diere, na bewering die plunderaars geword het van dieselfde erfenis wat hulle ‘n mandaat het om te beskerm,” het hy gesê.

Dit is nog nie duidelik wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anita ·

Het dit wragtig nog altyd vermoed dat daar hulp van binne was!

Hoop hulle word SWAAR gestraf!

martie ·

GREAT!!!!! As hulle maar net die monsters as voorbeeld gebruik en aan hulle doen wat hulle met die renosters doen. D A N !!!!!!! sal hulle meer versugtig wees.

martie ·

GREAT!!!!! As hulle maar net die monsters as voorbeeld gebruik en aan hulle doen wat hulle met die renosters doen. D A N !!!!!!! sal hulle meer versugtig wees.

EMK ·

Moenie van veeartse vergeet wat in die verlede ook al gevind is wat help. Absolute skande! Hou maar alle veeartse in die omgewing goed dop en natuurlik alle ander werkers. Hulle moet ook NIE “bail” kry NIE!

Paul ·

Vir my was dit nog alkyd net logies dat die Parkeraad en polisie betrokke sou wees in die renostermoorde. Die parkeraad se werkers en polisie gee die GPS ko-ordinate deur aan hulle pelle oor waar hulle die renoster kan kry. ‘n Mens ry partymaal as bezoeker baie ure sonder om ‘n renoster se sien en dit is net logies dat die stroper per voet nog langer gaan vat om sy prooi te kry. Kry hy egter die ko-ordinate is die moord sommer nou-nou agter die rug en word die buit verdeel, maklik.

Jasper ·

As mens rakke wil afstof begin jy gewoonlik bo. Nogtans goeie werk !

Elizabeth ·

@Jasper – man dis nou ‘n oulike manier van dit stel! So lekker om sulke interessante maniere van ‘n ding sê of skryf raak te lees! Ons taal is net die BESTE!

nicolette ·

Ja die arme renosters word gestroop en sodoende wreedaardig dood gemaak.Die stropers moet aan ons diereliefhebbers uitgelewer word, wanneer ons met hulle klaar is sal NIEMAND ooit weer n renoster skade aandoen nie.Dit is hartverskeurend dat die mense wat die renosters moet beskerm hulle eintlik dood maak.Moet asb nie daai stropers vry laat nie, julle het mos baie bewyse gekry.Laat hulle betaal vir hul afskuwelike dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.