Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet advertensies oor e-tol onttrek nadat die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) bevind het dit is misleidend.
Die GRS het bevind dat Sanral nie kan bewys dat hy 1,2 miljoen e-tolskyfies verkoop het nie en dus nie die bewering in sy advertensies mag maak nie. Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) en twee ander partye het klagtes by die GRS ingedien oor Sanral se advertensies.
Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, sê intussen hulle is bewus van die kritiek rakende hulle advertensies en dat hulle daarna streef om feitelike korrekte inligting te verskaf. “Sanral het nie die bedoeling om die publiek te mislei nie. Ons neem kennis van al die voorwaardes van die wet en sal voortgaan om daaraan te voldoen.”
John Clarke, woordvoerder van Outa, sê die uitspraak toon die belangrikheid van aktiewe burgerskap. “Ons en baie ander het nie Sanral se bewerings in hul advertensies geglo nie. Die uitspraak van die GRS is belangrik aangesien dit weereens wys dat Sanral ‘n organisasie is wat ‘n gebrek aan deursigtigheid het en nie vertrou kan word met hulle misleidende advertensies nie.”
Vou, en vou vinnig.
Vou, en vou vinnig.
Sal NOOIT erken hul het misluk nie!!!!