Sanral bied grasie aan motoriste

etolhekke in gautengDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag aangekondig dat hy die periode om e-tolpadverbruikers die geleentheid te bied om hul rekeninge te vereffen en steeds by die stelsel se afslag baat te vind, verleng het.

Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, het in ʼn verklaring gesê die departement van vervoer het Maandag die verlenging toegestaan.

Volgens die verklaring kan e-tolpadverbruikers vir e-tol registreer en hul e-tolrekening van 3 Desember tot 28 Februarie ten volle vereffen sonder dat die alternatiewe gebruikerstarief toegepas word. Die alternatiewe gebruikerstarief is drie keer meer as die standaardtarief. Motoriste wat voor 1 Julie vir e-tol registreer en hul rekening betaal, sal dus slegs die standaardtarief vir Desember tot Februarie hoef te betaal.

“Ons wil van die geleentheid gebruik maak om motoriste verder vertroud te maak met die stelsel en die verskillende moontlikheide wat daar vir hulle beskikbaar is,” het Alli gesê.

Hy het gesê hy hoop motoriste maak van dié geleentheid gebruik om hul rekeninge te vereffen. “Ons het die stap geneem omdat ons kennis geneem het dat sommige padverbruikers agterstallig geraak het omdat die e-tolstelsel nuut is en hulle nie vertroud is daarmee nie.”

Verskeie Gautengse padverbruikers verset hulle teen Sanral en weier om vir e-tol in die provinsie te registreer of te betaal, ten spyte van dreigemente van regstappe teen hulle. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

Kruip SANRAL/SCAMRAL nou g@t? “Nobody likes me, every body hates me…..” Shame nè!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.