Sanral brei uit in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan glo meer as 1 600 km in Limpopo by sy padnetwerk insluit.

“Die provinsie het versoek dat 1 628 km van paaie in Limpopo by Sanral se netwerk ingesluit moet word om padinfrastruktuur te verbeter,” het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Dit is noodsaaklik weens die toename in mynbedrywighede en strategiese landbousektor wat, buiten spoorwegverbindings, ook ʼn uitstekende padinfrastruktuur benodig.”

Sanral is vol vertroue dat hy bekwaam is, maar het erken dat finansiering sy vermoë kan beperk om die opgraderings vinnig af te handel. Beleggings uit die privaatsektor kan hiermee help.

Die nasionale begroting het verlede week R24 miljard oor die mediumtermyn toegeken vir die ontwerp, oprigting en instandhouding van Sanral-paaie, maar dit voldoen nie aan die toename van paaie onder Sanral se beheer nie. “Sanral moet minstens drie keer meer spandeer om provinsiale paaie te rehabiliteer en instandhoudingswerk te doen,” het Mona gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Arthur Mc Dermott ·

Sanral gaan nou seker e-tol oorweeg om arm Suid afrikaners verder te verarm met die verskuilde belasting !
Afriforum moet staat hof toe vat sodat e-tol van belasting afgetrek kan word anders betaal ons dubbele belasting vir pad onderhoud.
Wat het geword van ons belasting gelde ?
Privatiseer dan die hele paaie departe ment en gee belasting verligting.
Suid afrikaners verdien beter paaie beslis ja maar nie trippel belasting nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.