Sanral dreig glo om nie-betalers van e-tol te arresteer

Voorbeeld van 'n VPC-aanmaningsbrief

Voorbeeld van ‘n VPC-aanmaningsbrief

Die Vryheidsfront Plus het kennis geneem van nuusberigte op sekere radiostasies waar Sanral padgebruikers wat nie hulle e-tolrekeninge vereffen nie, met inhegtenisneming en tronkstraf dreig.

Volgens nuusberigte op Highveld Stereo en Talk 702 het Sanral die publiek gewaarsku om te betaal of tronk toe te gaan. “Sou die berigte korrek wees en Sanral wel mense so dreig, dan staan dit in kontras met wat die minister van vervoer in die parlement gesê het,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, gesê. “Ek het verlede maand in ‘n mondelinge vraag aan die minister gevra of Sanral van plan was om gewone skuldinvordering toe te pas vir uitstaande rekeninge of mense te arresteer. Sy het ietwat sarkasties geantwoord dat ek ‘n regsgeleerde is en dat ek behoort te weet dat Sanral nie die pad sal gebruik om mens te vervolg nie.”

Volgens Alberts was haar presiese woorde: “Since Mr Alberts is an advocate, he should know very well that Sanral is not going to use the road to sentence people” (Hansard Woensdag 5 Maart 2014).

Aldus Alberts het die minister wel ook verder gesê dat Suid-Afrika ‘n aktiewe hof en regstelsel het. “Hiermee kan mens redelikerwys die afleiding maak dat Sanral nie e-tolskuldenaars strafregtelik sal vervolg nie,” sê hy. “Die VF Plus sal dus sorg dat die minister by haar woord gehou word en sal enige iemand bystaan wat wel vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nuus_Leser ·

Die tronke en howe gaan nie groot genoeg wees om so baie mense te arresteer of aan te hou nie, het hulle al daaraan gedink? :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.