Sanral: ‘Geen e-tol vir Kaapstad’

Argieffoto Foto: www.capetown.travel

Argieffoto Foto: www.capetown.travel

Kaapstad sal nie tolhoofweë soos dié in Gauteng kry nie, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Sondag gesê.

“Terwyl daar in Gauteng geld geleen is om die paaie te bou, sal ons in Kaapstad ‘n konsessiehouer aanstel op die basis van paaie word gebou, bedryf en oorgedra,” het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, in ‘n verklaring gesê.

“Dit beteken dat die konsessiehouer die paaie sal ontwerp, finansier, bedryf en in stand sal hou, voor dit in ‘n bepaalde toestand en ná die toegewingstydperk aan die staat oorhandig sal word.”

Sanral het reageer op uitlatings deur die Stad Kaapstad en Right2Know-veldtog dat e-tol in Kaapstad geïmplementeer sal word.

“Daar sal gewone tolplazas langs die N1 en N2 wees. Die elektroniese of outomatiese metode van betaling, is ‘n moontlike toekomstige oorweging afhangend van verkeersvolumes,” het Mona gesê.

Hy sê die opgradering van die N1/N2 Wynland-hoofwegnetwerk is ‘n reuse belegging in infrastruktuur.

Die verbeterings sluit onder meer die verlenging van die N2 in Somerset-Wes/Strand in, en die voorsiening van bykomende bane tussen Durbanweg en die Koelenhof-wisselaar, tussen Borcherds Quarryweg en De Beerslaan in Somerset-Wes, Sir Lowryspas na Houwhoek en Florence en Worcester.

Mona sê dit sluit ook 14 nuwe of opgegradeerde wisselaars in, die voorsiening van ‘n tweede tonnel by Du Toitskloof op die N1 en die integrasie van fasiliteite met openbare vervoer-projekte.

Mona sê Sanral kry jaarliks sowat R10 miljard van die fiskus om die nasionale padnetwerk in stand te hou. Hy sê die koste van die N1/N2 Wynland-projek beloop sowat R10 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Roux ·

‘n Heugelike tyding vir ons Kaapse mense. Dit is wat burgerlike verset doen om nié aan ‘n keiser te betaal wat hom nié toekom nie.

Ek bid dat ons burgerlike verset sal toepas teen dié wat ons taal, Godsdiens, onderrig en Christelike waardes bedreig. Kortom ons kultuur.

NS: Ons Vader het weereens Sy verfkwas uitgehaal en Sy kunssinnigheid vrye teuels gegee.
Waardeer die supermaan vanaand, dit is asemrowend!

Dankie Vader, dat ons U kreatiwiteit verniet mag aanskou en bewonder.

Amen.

Andre Botes ·

Wat ek nie kleinkry nie is wat is die verskil tussen “e-tol” en “gewone tolpazas”. Sanral het geensins gese daar sal geen tolgeld betaal word vir die beplande opgraderings aan die N1 en N2 nie. Die metode van betaling is slegs konvensionele plazas ipv elektroniese oorwee wat jou nommerplaat lees en rekening uitstuur. Agv korrupte regering het die meerdereid kriminele vals nommerplate so die “e-tol” stelsel kan nooit werk nie.

henk ·

Sanral en sy konsessiehouers hou SA se padverbruikers gyselaar en dwing onrealistiese tolgelde op ons af. Feit bly staan dat ons biljoene aa brandstofheffings betaal vir die pad infrastruktuur en niks daarvoor kry nie. En moenie strooi praat en se dit gaan op die ander paaie in die land in nie, want die eens goed gevestigde teerpad infrastruktuur is vinnig besig om ‘n derderangse grondpad te word.

Manie Maritz ·

Hoop vir julle part hulle hou by die beloftes wat hulle maak, jy kan hierdie ANC nie vertrou nie. Burgelike verset het nie gewerk in Gauteng nie. Hoop maar dit sal reguit werk vir julle Kaapenaars.

Chrisjan Botha ·

Maak nie ‘n fout nie – dit beteken nie GEEN TOL nie maar konvensionele tolplaza’s.

Ons stel slegs belang in GEEN TOL van enige aard nie. Hulle kan die heffing ingesluit in die petrolprys gebruik vir bou, opgradering en onderhoud van paaie nasionaal.

Daar is genoeg geld in omloop – as dit nie totaal wanbestee word soos huidiglik nie is dit genoeg om die paaie op datum te hou en kragstasies en dan is daar nog geld oor ook….

Petro ·

Waarom het die mense in Gauteng nie ‘n keuse gehad nie? Dit word sommer net op jou afgedwing en jy moet maar net opdok. Ons betaal genoeg belasting vir die paaie. As die parlement en sy trawante minder korrupsie pleeg sal daar genoeg geld wees om alles te doen, maar die land se mense wat belasting betaal moet net gee en gee.

A Sadie ·

Verhaal koste van petrolbybetaling. Goedkoopste manier van invordering en almal betaal.

Sky Captain ·

“Mona sê Sanral kry jaarliks sowat R10 miljard van die fiskus om die nasionale padnetwerk in stand te hou. Hy sê die koste van die N1/N2 Wynland-projek beloop sowat R10 miljard.”

My vraag aan Mona (en Jacob Z, die groot bedrieër) is eenvouding: Waar gaan die res van die R27.5 Miljard heen wat ingesamel word met die heffing op brandstof??

Gebruik dit en nou op ons geld steel, anders breek ons die tolhekke af soos wat hulle opgestel word….

Suid Afrika het 21.1 miljard liter brandstof in 2011 gebruik.
Die brandstofheffing was 177.5 sent/liter in 2011
Dit gee ons R37.5 miljard inkomste vir paaie en instandhouding.
SANRAL se skuld is tans R30 miljard.
Die regering gee SANRAL R10 miljard per jaar.
Wat gebruik met die ander R27.5 Miljard???

Kom sê vir ons, in detail!

Sky Captain ·

“Mona sê Sanral kry jaarliks sowat R10 miljard van die fiskus om die nasionale padnetwerk in stand te hou. Hy sê die koste van die N1/N2 Wynland-projek beloop sowat R10 miljard.”

My vraag aan Mona (en Jacob Z, die groot bedrieër) is eenvoudig: Waar gaan die res van die 27.5 Miljard heen wat ingesamel word met die heffing op brandstof??

Gebruik dit en hou op om ons geld te steel, anders sal ons deur die toepaslike kanale sorg dat die hekke weer afgebreek word soos wat hulle opgestel word.

Suid Afrika het 21.1 miljard liter brandstof in 2011 gebruik.
Die brandstofheffing was 177.5 sent/liter in 2011
Dit gee ons R37.5 miljard inkomste vir paaie en instandhouding.
SANRAL se skuld is tans R30 miljard.
Die regering gee SANRAL R10 miljard per jaar.
Wat gebruik met die ander R27.5 Miljard???

Kom sê vir ons, in detail!

(Maroela Media, hoekom verdwyn my kommentaar kort na ek dit gepos het?)

Mark ·

Wat verstaan julle mense nie …. julle gaan dalk nie dieselfde gantries kry nie maar julle gaan tolplazas kry , dus betaal gaan julle betaal en op die manier kan jy nie verder as jy nie betaal nie. Die vraag is weereens hoekom moet ons betaal as ons reeds betaal dmv brandstof belasting ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.