Sanral-kontrakwerkers maak amok op N1

Die groep betogers op die N1. Foto: Via @KayaTraffic / Twitter

Die groep betogers op die N1. Foto: Via @KayaTraffic / Twitter

Betogende kontrakwerkers van die nasionale padagentskap (Sanral) het Dinsdagoggend chaos op die N1-noord tussen Pretoria en Johannesburg veroorsaak.

Nagenoeg 100 werkers, van wie sommige knopkieries gedra het, het die snelweg versper toe hulle van die New Road-afrit op die snelweg gestap het na Sanral se hoofkantoor in Midrand. Sommige motoriste het gekla dat hulle vir langer as ʼn uur in verkeer vasgekeer was.

Die werkers, van die verkeersvoorvallebestuursmaatskappy Teti Traffic, betoog oor salarisverhogings. “Daar was salarisonderhandelinge met die werkers. Hulle eis ʼn verhoging van 130%, maar die maatskappy kan slegs 7% aanbied,” het Peru Pillay, die maatskappy se bedryfsbestuurder, gesê.

Pillay het gesê die werkers is toegelaat om aan ʼn beskermde betoging deel te neem, maar dat dit veronderstel was om in die Samrand-omgewing plaas te vind en nie op die snelweg nie. Die betogers beweer dat hul salarisse sedert 2012 nie verhoog is nie, maar Pillay het die beweringe betwis.

“Salarisse is volgens inflasie aangepas. Die kwessies sal Woensdag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bespreek word,” het Pillay bygevoeg.

Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het gewaarsku dat dit onwettig is vir enigiemand om snelweë te versper of vir voetgangers om daarop te wees. Die JMPD het versterkings na die gebied ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Grap ·

Mooi so hoop hulle bring die plek tot ‘n stilstand die mense moet aandring op ‘n baie baie hoë salaris. ..lol

Hendrik ·

Arresteer almal voor die voet. Hulle hoort nie op die snelweg nie! Hou op op sag te wees. Hierdie groepies mense hou ons almal gyselaar. Hulle kan regtig voor die toegangspad voor die SANRAL gebou protesteer en moet dadelik van die snelweg afgehaal word!

hans brits ·

Selfs die mense onder die korporatiewe leer weet dat die inflasie onmoontlik 7% kan wees.Die 130% verhoging is nie veregaande nie want dis nader aan die ware inflasiekoers.S.A het n bodemlose geldput wat net vir korruptes gereserveer is.

Buitestander ·

Was dit nie vir die tolhekke nie het die werkers geen werk gehad nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Rudolph

Dankie vir jou navraag. Dit was inderdaad vanoggend. Die berig is gewysig.

Groetnis
Landi namens Maroela Media

Jan maak n Plan ·

En dis nou presies hoekom ek nie E-Toll wil betaal nie. Die snelwee is eintlik daar om die publiek se reistyd te verminder maar heelaas is dit nooit die geval nie. En hoekom het die simpel spul van JMPD nie die mense gearresteer nie. As die spul wit was was dit beslis n ander storie.

Outop ·

Kan die polisie nie optree teen die “mense” wat onwettig op die snelweg is nie? Besef hulle, die polisie, nie hoeveel brandstof daar gedurende die oponthoud vermors word en wat dit die land kos nie? Miskien is dit omdat daar meer brandstofbelasting ingevorder kan word en meer geld in die sake van sekere mense kan beland.

Piet Pompies ·

Ek wonder of die stakers enige “road kill” opgetel het, mmmm…. lekker

Lance ·

Gaaf man staak hom in die grond in soos die poskantoor …die kultuur is mos nou aan die orde van die dag …brand dalk more ook iets in die proses en plunder terwyl julle besig is

Frans ·

Sali rus voor da niks isi is gemaak en gebore om als te verniel en aftebreuk en dan weer daror om te kla en kerm

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.