Sanral ontken berigte oor bankrotskap

Nazir Alli Foto: Werner Beukes/SAPA

Nazir Alli Foto: Werner Beukes/SAPA

Nazir Alli, uitvoerende hoof van Sanral, het Donderdag gesê foutiewe beriggewing in die media lei tot wanpersepsies oor die e-tolstelsel.

Hy het gesê hy was teleurgesteld toe hy ʼn koerantberig Donderdagoggend gelees het dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) bankrot is.

Die Star het berig dat Sanral Woensdag aan die e-tolhersieningspaneel gesê het die organisasie is bankrot en gewaarsku dat die land groot probleme gaan hê as hy nie die R20 miljard skuld kan afbetaal nie.

Gedeeltes van Sapa-nuusagentskap se berigte uit Woensdag se verhoor is in die koerantberig vervat. Dit sluit ʼn verklaring deur Alli in dat Suid-Afrika in “ernstige moeilikheid” gaan wees as die e-tolskuld nie betaal word nie en daar nie “nuwe geld” is nie.

Die Star het verder berig dat Dipuo Peters, minister van vervoer, Dinsdag aan die paneel gesê het motoriste kan tot R3.65 per liter ekstra vir petrol betaal om die skuld af te betaal.

Volgens Alli het die minister nooit gesê dit is wat nodig is om die skuld af te betaal op die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) nie. “Dit is hoe wanpersepsies gevorm word, deur verkeerde inligting, en dan moet ons probeer om die opvattings te verander wat deur foutiewe inligting geskep is,” het hy gesê en ʼn afskrif van die Star-koerant aan die paneel voorgehou.

Hy het ʼn beroep op die paneel gedoen om die koerant te versoek om ʼn regstelling te publiseer.

Mark van der Velden, redakteur van Sapa, het gesê die nuusagentskap volstaan met sy beriggewing oor die verhoor en dat Sapa nooit berig het dat Sanral gesê het hy is “bankrot” nie.

David Makhura, premier van Gauteng, het die paneel saamgestel om die sosio-ekonomiese impak van die GFIP en die e-tolstelsel te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Nazir Alli, as jul nie bankrot is nie, deel jul geheim, HOE MAAK JUL GELD OM UIT DIE ROOI TE BLY. Jy seker maar ‘n ANC outjie….

Francois ·

Yeah right…LMGA! Waar daar ‘n rookie in Suid Afrika is, is daar nie ‘n vuurtjie, maar ‘n “BONFIRE”!

scalla ·

Is daar nie dalk van semi en staat pensioengeld gebruik vir die finansiering nie, ek vra maar net waar het die geld vandaan gekom?

anet ·

Nazir Alli, in die eerste plek Ons het nie die skuld aangegaan vir die Tolpaaie nie, die cANCer regering het, so as hulle nie die skuld kan betaal nie, wie is dan in die moeilikheid? Daar is voortgegaan met die bou van die Wit Olifante, het toe nie eers belangstel om ‘n koukus te reel met die motoriste nie, so vat maar die pakslae van SKULD wat julle gemaak het. Iemand het iewers ‘ klokkie hoor lui dat daar geld gemaak kan word uit tolpaaie. Pot mis gesit, kan nie eers ons paaie instandhou nie. Die snelpaaie, die sypaadjies in Kaapstad word onderhou en elke dag skoon gemaak, gaan leer bietjie daar ook sommer van werkskepping. Daar word gebruik gemaak van mense wat werkloos is om die paaie en voorstede skoon te maak teen ‘n dagloon.Hou op om vingers te wys en te dreig. Stel mense aan wat nog wil werk, en wat trots is op hulle self en werk. Daar is so baie bloedsuiers in die Regering wat nie eers weet wat ‘n eerlike dag se werk is nie

CAV ·

Wel, nóg n BEE transaksie wat nie werk nie, en waarvoor ons gaan moet opdok

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.