Sanral ontken dat hy skuld afskryf oor onbetaalde e-tolgelde

e-tol

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag ontken dat hy verliese van R3,6 miljard afgeskryf het vir e-tolgelde wat al langer as drie jaar agterstallig is, in vergelyking met R92 miljoen in 2015/16.

Dit volg nadat Sanral Dinsdag voor die portefeuljekomitee oor vervoer verskyn het om sy geïntegreerde jaarverslag in te dien.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het Dinsdag gesê die staatsonderneming sukkel om e-tolskuld van motoriste te verhaal, met ʼn verlies vir 2016/17 van net minder as R5,5 miljard.

Volgens Outa is die verlies van 2016/17 hoër as die verlies van R1,2 miljard uit verlede jaar, met die grootste deel van ongeveer R3,6 miljard wat toegeskryf word aan tolbedrywighede.

Outa het gesê die R3,6 miljard is gelykstaande aan 50% van alle tol-inkomste vir die eerste 15 maande van Gauteng se e-tolbedrywighede en is beduidend meer as die voorgeskrewe skuld.

Sanaral het groot teenstand gekry vir die e-tolstelsel in Gauteng nadat die Gautengse Hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) in Desember 2013 ingestel is.

Skhumbuzo Macozoma, uitvoerende hoof van Sanral, het egter gesê berigte dat die agentskap die skuld afgeskryf het, is “foutief”. “Die niebetaling van tolgelde is ʼn misdaad. Sanral het herhaaldelik aangedui dat hy alles in sy vermoë doen om die skuld in te samel. Dit sal nie verstandig wees om die bedrag af te skryf tensy dit duidelik is dat dit nie verhaalbaar is nie,” het Macozoma gesê.

Hy het bygevoeg Sanral is besorg oor die swak verhaling vir GFIP en sy raad het die regering versoek om die impak met sy kabinet te bespreek om die volhoubaarheid van die agentskap te verseker.

“Ons moet met Suid-Afrikaners gesels om ʼn situasie te vermy waar hulle tolbedrywighede teenstaan. Daar is ʼn negatiewe persepsie en weerstand teen tolbedrywighede en die gevolg is dat ons nie so veel poste kan skep soos ons wil nie,” het Macozoma gese.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Piet Pompies ·

Die man motiveer die stigting van tolbedrywighede om werk te skep. Totaal absurt, wie wil nou suksesvol werk skep deur tol geld in te samel….
Werkskepping deur vervaardiging skep die meeste sukses, jy vervaardig ‘n produk wat bydrae lewer tot goedere (kos, motors,melk ens) en die ekonomie en werkers verdien ‘n salaris.

Nltoeris ·

Ek is moeg vir al die kriminaliteit en die plaasmoorde en betoging. As ek kom kuier in SA huur ek n motor. Hoekom moet ek as toeris betaal vir al die poortjes wat niemand van julle betaal nie? Ek sal SA nooit weer besoek nie. Daar is baie lande in die wereld wat so baie sonure het en -die belangikste- vrede en respek vir mekaar- Koebaai!

amanda ·

ASB moenie weer kom nie. Bepaal jou by die “vrede-respek”-lande. Ons sal hier aangaan.

PietM ·

Nltoeris. Bly asseblief weg. Die paar ou randjies wat jy hier spandeer wanneer jy kom kuier is nie juis ‘n drupel in die emmer nie. Vaarwel.

Anoniem ·

Nou wat maak jy op ‘n Suid-Afrikaanse nuusblad? Jy is moeg vir kriminaliteit, plaasmoorde en kriminaliteit? Hoe affekteer dit jóú, toeris? Ek weier om e-tol te betaal wat FOUTIEWELIK uitgereik is en jou verskoning is: “Hoekom moet ek as toeris betaal vir al die poortjes eat niemand van julle betaal nie?” Dit klink of jy eerder oor iets wil mor wat niks met die prys van eiers uit te waai het nie! Bly gerus weg van ons land af!

Daardie kennisgewing ·

Daar wys hierdie persoon sy e-tol kennisgewing aan hom gestuur. Sy name, ID-nommer, adres ens. baie mooi en sorgvuldig korrek. Daar is egter net een klein ou foutjie: Die lorrie (vragmotor) op die bygaande foto is ‘n ding wat hy nog nooit in sy lewe besit het. So hier gaan dit heel moontlik oor vervalste nommerplate wat nie deur e-tol nagegaan is.
Ek verstaan daar is nog verskeie sulke gevalle, so hoe nou?

Chris Ws ·

Sanral moet my rekening maar in my hand kom gee hier op die plaas as hulle dink ek skuld hulle iets.

G ·

Wat van ons almal begin betaal sodra elke liewe taxi en minister ook betaal? Bahaha

snoefie ·

dit sal net regverdig wees om strate te tol as hulle dit van meet af self bou. bestaande paaie behoort aan die belasting betalers. ons het dit betaal hoekom moet ons nog tol betaal ook?

Harry ·

SANRAL het egter reeds derduisende dagvaardigings uitgereik en behoort meeste mense te oortuig om eerder te betaal as om hof toe te gaan en verdere onbekende kostes te moet betaal. Die toetssaak van OUTA duur te lank en sal moontlik eers teen einde volgende jaar afgehandel word, maar intussen sou duisende ander motoriste reeds dagvaardigings ontvang het en moet besluit wat om te doen. Dit gaan moeilik wees om die betekening van dagvaardigings heeltyd te ontduik, want daar is baie ouens wat heeldag rondry en mense by hul huise soek en inwag. Dit is nou dringend nodig dat OUTA duidelike aanbevelings aan motoriste moet maak wanneer hul die dagvaardigings ontvang – kan OUTA derduisende sake hanteer, of het hul net genoegsame fondse om ‘n paar toetssake te bekostig?

Lourens Maritz ·

Misdaad om nie tol te betaal nie? Dit is n misdaad om n tolhek op te sit as jy nie n mandaad daarvoor het nie. Vee voor jou eie deur.

Nic ·

Dit is ‘n onmoontlike taak vir die alreeds oorvol howe om al hierdie sake hanteer,

bgj van der westhuizen ·

wel op petrol maak die regering so baie belasting en daar is reeds in die petrol prys in gewerk vir paaie wat word van die geld en waar om moet ons vir n buiteland se maatskapy betaal hulle maak net geld uit ons uit ek het n R14.00 rekening en as hulle dit wil he kan hulle my dagvaar vir dit wand ek weet nie ees waar daar die inv is nie

Domvraag ·

Kan Macazoma dan nie verstaan nie. Ons wil nie tolpaaie hê nie, want ons betaal belasting en beskou hierdie skema as net nog n manier om geld te steel.

Gys ·

Jy moet werk toe gaan om belasting te betaal , belasting op kos, Duur elekrieseteit, Huur , water , medies , ensvoorts. Hoe kan mense nou nog die las bekostig van e-toll. Waarvoor betaal ons dan al die levies op brandstof en voertuig lisensies. Waar gaan al die geld heen.

E.K. die eerste ·

Poste skep? Dis nie waarvoor e-tol was nie dis om paaie in stand te hou.(Glo). Nou spandeer hul miljarde meer aan regskostes en vervolging ens om die geld te probeer verhaal. Pleks hul net bly by ‘n tipe toeslag op brandstof dan word dit deur ALMAL betaal. Sanralis net daar om weer geld in een of ander donker, bdemlose put te pomp. E-tol se hele storie is in elk geval gebaseer op omkopery en korrupsie, dis tog bewys. Gee ons die kontrak om die stelsel in te sit en jy kry so ‘n kickback of andersins kry die stelsel en sit ‘n hoër faktuur deur – ons weet almal hoe dit werk. Ons weier om te betaal.

Louise ·

Daai rekeninge help om braaivleis vuur mooi aan gang te kry. Betaal duisende belasting + vir besigheid. Kry nie verdere sent uit my uit.

Anonieme Lafaard ·

“Die nie-betaling van tolgeld is ‘n misdaad”. Mense is al tronk toe oor skuld wat nie betaal is nie. Dit was so 200 jaar terug. Sedertdien is die konsep van tronkstraf vir onbetaalde skuld afgeskaf regoor die wêreld. Behalwe, blyk dit nou, in Suid-Afrika. Pateties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.