Sanral sê e-tol-dokumente is beskikbaar

Argieffoto

Argieffoto

Sanral het Donderdag gesê dokumente oor die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) is vir die publiek beskikbaar indien die paneel, want tans e-tol hersien, dit wil bestudeer.

Die dokumente bied glo antwoorde oor hoe die projek tot stand gekom het, die rol wat die Gautengse provinsiale regering gespeel het, waarom daar op e-tol besluit is, die voordele van opgradering van die snelweë en die stappe wat gedoen is om armes te bevoordeel, het Vusi Mona, woordvoerder vir die Nasionale Padagentskap (Sanral), in ‘n verklaring gesê. Hy het gesê die dokumente is al jare lank vir die publiek beskikbaar.

“Die padagentskap is van mening dat sy deelname aan die hersieningsproses onbehoorlik sal wees, aangesien die betrokke strukture die besluit geneem het,” het hy gesê. “Die kabinet het die saak in 2007 goedgekeur.”

Hy sê die feit dat openbare vervoer, insluitend geregistreerde taxis van tolgeld kwytgeskeld is, is ‘n bewys dat hulle besorg is oor die toename in lewenskoste vir arm mense wat hoofsaaklik van openbare vervoer gebruik moet maak.

ʼn Paneel van die Gautengse provinsiale regering voer tans gesprekke met die publiek oor die sosio-ekonomiese impak van e-tol. Die paneel se fokus is om kennis in te samel en die implikasies en persepsies oor die Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) en e-tol te ondersoek. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tokkie ·

Taxis is ‘n besigheid en moet daarom ook betaal, maar hulle is vrygestel omdat die “regering” bang is vir hulle. En Sanral ek sal baie graag wil weet wat van pensionarisse, studente en die res van die armes (publiek) wat nie van taxis gebruik kan maak nie en noodgedwonge ons paaie moet gebruik wat deur julle gekaap is? Want as ek reg onthou is hierdie paaie al toeka se tyd gebou. Boonop het julle gelieg deur voor te gee dit word vir die sokker van 2010 opgradeer – daar was niks van tolpaaie aan my genoem nie- en nie almal het toegang tot tv, koerante, internet indien julle dit daarop adverteer het nie anders sou daar meer beswaar aangeteken gewees het glo ek.

Jaqueline van der walt ·

Sanral sien nie nie om na arm mense nie hoeveel mense moet by die werk kom om die Tol paaie te gebruik. Ek meen mense se salaris is net soveel, dis petrol wat opgaan dis kos wat opgaan mense se salaris word nie meer nie, Imagin net jy werk in Midrand vir n skamele R7000, darvaan moet jy jou petrol ingooi dis omtrnet so R2000/ jy moet nog jou verlbyf betaal wat wissel enige iets vanaf R3000 + wat nog van jou kruideniers ware, jou brood en melk en as jy nog kinders het is dit skool gelde nes as jy skuld het ,oet jy dit ook betaal nou vra ek waar kan n mense nog ekstra R300 + uitgrou on snral te betaal, Companies hou nou meer by nie want hulle sukkel om hulle etol te betaal want hulle moet moet hulle vooraad se pryse opsit wat beteken ons as gebruiker moet meer betaal , hoe kyk hulle narm mense, die hele gedoent is daar om geld te maak en wins te maak plaas daai etol gelde gebruik word vir armoede, bou meer huis en gee arm mense ook n huis wat by asgate in shacks bly. Niemand kan ekstra omkoste he in vandag se lewe met die swakhede in ons land nie.

Jaqueline van der walt ·

Ja tokkie daar stem ek ook saam. Taxis kry n groter inkomste as van ons mense niks maak hulle beter as ander nie. Maar dei feit bly staan niemand het daai geld vir Etoll nie. MAw wat Sanral vir ons se gaan soek ander werk waar jy nie hoef Etoll te betaal nie dan vra ek waar in vandag se lewe kry n mense ander werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.