Sanral sê geen nuwe dagvaardings

(Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gesê hy neem kennis van ʼn debat wat betref die skuldinvorderingsproses wat betref onbetaalde e-tolrekeninge.

“Daar is geen nuwe veldtog om onbetaalde e-tolrekeninge na te jaag nie. Die 26 uitsprake in die hof is ʼn natuurlike gevolg van die dagvaardingsproses wat al in 2015 begin het,” het Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, gesê.

Dit volg ná Coenie Vermaak, die hoof‑ uitvoerende beampte van die Electronic Toll Collection (ETC), na bewering aan COPE bevestig het die ETC het glo meer as 15 000 dagvaardings na die hof gestuur vir padgebruikers wat nie hul e-tolrekeninge vereffen nie.

“Sanral bly verbind daartoe om ʼn oplossing te vind vir die huidige e-tolkwessie en werk met die presidensie en die departement van vervoer saam om ʼn bekostigbare en volhoubare oplossing te vind,” het Mona bygevoeg.

“Sanral respekteer die voortgesette politieke proses onder leiding van pres. Cyril Ramaphosa en die vervoerminister Blade Nzimande oor die e-tolproses en wag vir die uitslag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dries du Toit ·

Haha hulle wag net tot na die verkiesing. Dit is nou n netelige kwessie net soos grondhervorming. Na die verkiesing gaan hulle ons looi

Chris Ws ·

Die wet bepaal hulle moet rekenings PER GEREGISTREERDE POS aan mense stuur.Ek het tot nou nie n een geregistreede pos rekening ontvang nie en tot dan kan SANRAL Sarie Marais deur sy foefol fluit.

Willem ·

Ek het al twee boetes gekry,die registrasie is my kar sn maar die voertuie op die fotos het ander registrasies en een voertuig is boonop n aflewerings voertuig. Met die eertse een het ek vir hulle n e-pos gestuur en aanbeveel dat hulle hulle mense stuur vir oogtoetse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.