Sanral-voorsitter bedank

sanral-logoTembakazi Mnyaka, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het met onmiddellike effek bedank, het die departement van vervoer aangekondig.

“Dipuo Peters, minister van vervoer, het ‘n bedankingsbrief gekry van Tembakazi Mnyaka, Sanral se voorsitter van die raad van direkteure,” het Tiyani Ponto-Rikhotso, woordvoerder van die departement, in ‘n verklaring gesê.

Ponto-Rikhotso sê Mnyaka het in die brief aangedui dat sy om persoonlike redes met onmiddellike effek bedank.

Die minister het Mnyaka se bedanking aanvaar en haar sterkte vir die toekoms toegewens.

“Ek wil me. Mnyaka bedank vir haar pogings om te verseker dat Sanral voortgaan met sy mandaat van die bou en instandhouding van Suid-Afrika se nasionale padnetwerk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louis le Roux ·

Die tweede Sanral hoëkop wat hoed vasdruk. Wonder hoekom? Raak die druk nou te kwaai? Jammer vir die volgende ou, “pressure is gonna mount far beyond this”

Snippie ·

Hulle se niks van die goue handdrukkie wat sy waarskynlik saamneem nie.

Jan ·

Aai, nou sit Sanral sonder die beste wat die “Black Management Forum” kan bied. Wie gaan hulle nou deur hulle donkere e-tyd ondersteun?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.