Sanral wil met nuwe tegnologie jou gesig identifiseer

Argieffoto

In ʼn onlangse verklaring brei die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Bpk. (Sanral) uit oor sy gebruik van masjienleer- (ML-)tegnologie, wat moontlik gesigherkenningsagteware insluit. Die agentskap wil deur dié tegnologie padveiligheid verseker, verkeersopeenhoping verminder en infrastruktuurontwikkeling bevorder.

Ruan van Breda, ʼn megatroniese ingenieur betrokke by masjienleer, verduidelik dat dié tegnologie gebruik word om voorwerpe binne ʼn kameraraam op te spoor en te segmenteer (elke raam van ʼn video word as ʼn stilbeeld ontleed). Binne die padomgewing kan die kamera dan verskillende soorte voertuie, voetgangers, diere of fietsryers vasvang.

Van Breda verduidelik dat dié tegnologie verder uitgebrei kan word om later ook te kan onderskei tussen stadig bewegende verkeer, ʼn padongeluk, optogte in die pad of vreemde voorwerpe soos rotse wat in die pad lê.

AfriForum het Vrydag ʼn brief aan Sanral gerig waarin hy Sanral se vermoë om dié projek suksesvol in werking te stel, bevraagteken. Dié burgerregteorganisasie sê boonop sal die moontlike gebruik van gesigherkenning-ML-tegnologie mense se grondwetlike reg op privaatheid skend.

AfriForum het Sanral versoek om gedetailleerde inligting van die inwerkingstelling van ML-tegnologie aan hom te voorsien, asook inligting oor watter stappe gedoen word om te verseker dat lede van die publiek se privaatheid beskerm word. Die organisasie wil ook weet wat Sanral beplan om die moontlike misbruik van dié tegnologie te voorkom.

“AfriForum is nie gekant teen die gebruik van die allernuutste tegnologie om padveiligheid, wetstoepassing of noodreaksie te verbeter nie. Dié vooruitgang kan egter nie ten koste van mense se grondwetlike regte nagejaag word nie,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

Sanral noem in sy verklaring dat China reeds ML-tegnologie suksesvol in werking stel en volgens AfriForum is dit juis ʼn groot kommerpunt. “AfriForum is besorg daaroor – veral weens die Chinese regering se swak baanrekord wat menseregte- en privaatheidskending betref.

“Tegnologiese vooruitgang kan nie deur ʼn regering nagejaag word om sy waarnemingsvermoë te verhoog en daardeur die privaatheid van sy burgers te skend nie – veral nie op ʼn wyse wat onbelemmerde misbruik tot gevolg kan hê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willem ·

En wie betaal daarvoor ? En hoe lank gaan dit hou voor dit met klippe uitgegooi word of deur vuurwapens as teikens gebruik word

Willem ·

Wie gaan betaal daarvoor en hoe lank voor dit stukkend gegooi word met klippe of gebruik gaan word as teikens vir vuurwapens?

Hennie ·

Nou raak masker dra tydens wanneer ek bestuur, ‘n noodsaaklikheid…

JohanR ·

Ek maak sommer die hele gesig toe sodat net die oe, mond en neus uitsteek. Maar dan dink die ander bestuurders jy is miskien ISIS!

Harry ·

Hierdie mense kan nie behoorlik die paaie instand hou nie. Nou karring hulle met tegnologie wat hulle nie behoorlik sal kan gebruik nie. Dis soos om ‘n donkiekar toe te rus met ligte, flikkers en lugverkoeling, maar jy het nie ‘n perd of donkie om die ding te trek nie. SANRAL moet eers die basiese dinge reg doen!

Bart-Man ·

Stem saam. Kannie eers na pothole reg maak nie. Sal elke keer as ek by die kammera verby ry my lang vinger gooi. O wag dan kom daar weer n wet uit vir vingers.

henndrik ·

Die kern van die storie is – China het reeds – hulle wil dit nou aan ons verkoop en ek si seker iemand gaan skep

fs ·

Presies… en een of ander idioot verwant aan nog ‘n idioot gaan lekker skep…

Alet ·

Party van die paaie het sulke klein oopgroef myntjies in en mens moet verwoed uitswaai daarvoor. Dalk moet minister van vervoer hom beywer om die paaie reg te ruk dan sal ongelukke dalk minder wees. Is nie altyd spoed of drank nie. Dis soos mense moet uistwaai vir potholes dat hulle in aankomende verkeer beland. En wat gaan die kamers wat nou kan identifiseer op die tolpaaie help? Lekker foto’s vir identiteits diefstal?

Tanniepetoors ·

Maak eers die paaie reg en raak onslae van die sinnelose e-tolstelsel en sommer Aarto ook, dan kan ons dalk weer glo julle praat “sense” as julle iets aankondig.

Brett ·

Liefs gebryk hulle dit om die kremeneele vas te trek……. Jy wat in jou voortyg sit moet nou uit geken word vir WAT?
Weet jy…. Soos hendrik se daar staan iemand weer backhand…….

Hein ·

Nou maak Covid en vaccine meer sin. Ons vryheid van beweging word ingeperk.

Carel Aaron ·

Ons is sterk oppad om as n Sjinese provinsie op te eindig.

Alleen Wolf ·

Hierdie …… maak nes hulle wil, ons is sooo oppad na totale beheer deur die kommunistiese anc. Die hartseer is, meerderheid mense in SA aanvaar dit gelate.

Chris ·

Nee kyk, nou’t ek alles gehoor. Waarom die bietjie geld wat nog loslê te verkwis op, soos vorige kommentaar, nuwe “Chinese tegnologie” as dit voordeliger aangewend kan word vir die bestuurders se veiligheid op paaie. Maak reg wat krom is, en begin ons land opbou dat ons mense met nuwe oë na die huidige “nuttelose” regering kan kyk. Ramaphosa, jy is in beheer en net jy kan besluit of jy wil voortgaan met die snert, of is jy ook klaar onder die mag van Chinese?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.