Sans Souci-leerders ‘vrees viktimisering’

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Die skoolhoof van die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, sal nie Maandag by die skool aanmeld nie, aangesien leerders vrees hulle sal geviktimiseer word na hul protesaksie by die skool die afgelope week.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het gesê Amanda Engelbrecht, die departement se kringbestuurder, sal wel by die skool wees om seker te maak niemand word geviktimiseer nie en om leerders te ondersteun. Volgens Schäfer sal berading ook aan leerders, wat deur die afgelope week se gebeure getraumatiseer is, beskikbaar gestel word.

Maroela Media het vroeër berig leerders van die Sans Souci Girls High School het Donderdag en Vrydag op die skoolterrein betoog oor beweerde rassisme by die skool. Die leerders het onder meer beweer hulle word nie toegelaat om hul hare op natuurlike wyse te dra nie en word strafpunte gegee indien hulle hul moedertaal op die skoolterrein praat.

Betogende leerders sou Vrydag ʼn memorandum met hul eise aan die Wes-Kaapse departement van onderwys oorhandig het, maar het besluit om dit eers Maandagaand te doen wanneer al die leerders teenwoordig is. Schäfer het ingestem om dit Maandag namens die departement te ontvang.

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Volgens die memorandum eis die leerders dat Charmaine Murray onmiddellik as skoolhoof bedank. Hulle eis ook dat die skool se reëls oor hare gewysig word, die taalbeleid wat glo die praat van inheemse tale verbied, gewysig word en leerders wat nie die skoolfonds kan betaal nie, van geen aktiwiteite by die skool uitgesluit word nie. Die leerders dring ook aan meer swart onderwysers moet by die skool aangestel word om die demografie van die skool se leerders te weerspieël.

Schäfer het gesê sy is bekommerd oor die skokkende bewerings wat onder haar aandag gebring is, veral omdat sy Vrydag ingelig is ʼn klagte wat reeds in 2011 na die departement gestuur is, het skynbaar ongesiens verbygegaan. Sy het gesê gesprekke sal Maandag voortgesit word om so gou as moontlik die skool se gedragskode te herskryf. Die nuwe gedragskode moet voor die einde van September in werking wees.

“Die leerders het intussen versoek om toegelaat te word om van Maandag af vlegsels (braids) in hul hare te dra. My reaksie was daar is geen probleem met vlegsels nie, solank hul hare netjies is. Ek glo dit sal deel vorm van die besprekings rondom die nuwe gedragskode,” het Schäfer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Asjas ·

Hoekom nie net sommer die gedragskode skrap nie? Julle gaan tog nie gelukkig wees totdat die skool buite beheer is soos die res van die land nie.

My opinie ·

Dalk is ek verkeerd, maar ek dink daar is ‘n verskuilde politieke agenda agter al hierdie protes-optoge en betogings in skole. Hoekom noú skielik? Na verlies aan stemme in die afgelope munisipale verkiesings? Die leerders en ouers het vooraf geweet van die reëls en daartoe ingestem. Dis in my opinie net so bindend as ‘n regskontrak – maar nou word die holruggeryde kleurkaart weer gespeel en skole onbeheerbaar gemaak. Dalk word politieke partye se agteraf aanhitsing blootgelê indien daar ‘n bietjie dieper gedelf word?

janneman ·

Stem 100% saam jou, alles deel van die radikale plan om die land onregeerbaar te maak. Hulle mag dalk verkiesings verloor, maar behou steeds momentum in hul doel.

pieterdp ·

Wat gaan aan met die mense van vandag. Ouers wat hul kinders in skole in plaas wat nie hul moeder taal aan bied nie. Maar nog steeds wil hul die kinders daar plaas en dan is daar konfluk. Ek pkaas die blaam op ouers en die regering van die dag.

elize naude ·

Kinders het die reg op skoolonderrig waar hulle woonagtig is…

G ·

Elize, niemand het die kinders verbied om skool te gaan in die gebied waar hulle woonagtig is nie. Hulle moet dan net aanpas by die reëls en regulasies. En ja, met sekere goed kan daar ‘n middelweg gevind word, maar dit help nie mens verander elke instansie so dat net een rassegroep bevoordeel word en die res moet maar daaronder ly nie. Ek glo nie swartskole gaan al hul reëls verander om ‘n witkind te akkommodeer nie, en witonderwysers aanstel nie, of is ek nou verkeerd?

Tania ·

As ek vandag my beroep oor kon kies sou dit beslis nie onderwys gewees het nie. Ek lees die afgelope week se berigte, met reg is daar seker werklik enkele probleem gevalle. Kinders en ouers het vrye sê en eise oor onderwysers. Kru taal is aan die orde van die dag. Redenasie – die reg tot onderwys. Jongmense dit is nie n beroep wat ek vir een van julle aanbeveel. Die maal van die karring is nie die aalmoese werd.

Anna-Marie Evans ·

Ek as oud onderwyseres stem 100% met jou saam.
Ek kry die positiewe leerders wat by die konflikskole is vreeslik jammer, want waaroor is ‘n dogter by ‘n skool met vooraf opgestelde dissipline, reëls omtrent gedragskode en dragkodes ….. beslis om kennis te bekom dmv leiding aanmoediging en teregwysing waar nodig.
Ek wonder waaroor gaan daar geprotesteer word as daar nie meer onderwysers is wat vakvaardig is en in ‘n klas wil staan nie?
Enige iets wat gratis is is nie opbouend vir karaktervorming nie, hardewerk en leergierigheid is wel en daarmeesaam moet jy jou deel bring vir wat jyby die onderwysinstelling van jou eie keuse kry. Dit is ‘n MOET en kan nie onderhandelbaar wees nie, dit is ‘n kontrak met ‘n spesifieke skool van jou keuse, jy het dit dan aanvaar by toelating, hoekom nou daaroor huil.

Petra ·

Waarvoor moet hulle berading kry. As hulle kan protes, is daar geen probleem met hulle geestelike toestand nie. Miskieen on hulle Te leer om soos ordentlike studente op Te tree en skoolreels Te respekteer, maar nie andersins nie. skole het daardie taalreels gehad in my tyd Al en ek is nou 66. WAT HULLE WEL KAN DOEN IS SE EENDAG ENGELS, EEN DAG AFRIKAANS EN EENDAG MOEDERTAAL VAN MEERDERHEIDS COMMUNITy IN DAARDIE PROVINSIE. dit sal Dan almal akkomodeer, die “sogenaamde wit rasisme ” wat die skole voor uitgejou word uit die wegkry en almal kan Dan die verskillende tale leer. dit het gewerk in ons tyd. Kom altyd met die Storie van berading, so afgesaag Al.

Lance ·

Enige persoon wat nou wil onderwys doen …..genade is daar nog mense …moet hulle koppe dringend laat lees want dis n GROOT gemors !

KP ·

Hulle, dit is die regering wil die jonges onopgevoed hou, sodat hulle nie deur hierdie korrupte regering kan sien nie en nog steeds vir hulle stem.

Dark.O ·

Dit sal baie interessant wees om te kon luister na ń sogenaamde traumaberadingsessie met kinders wat hulleself getraumatiseer het, deur te staak omdat hulle nie die skool van hulle eie keuse se skoolreëls wil nakom nie.

Dis ons reg ·

Ek verteenwoordig luise se regte. Ons was nooit gekonsulteer nie! Ons gaan ook nou wil staak.

Henriette ·

Lag ek nou lekker die luise het ook ‘n reg tot trauma berading.
So gaaivol vir die klomp wat toi toi en nou die victim kaart gooi

Malva ·

Begryp nie… as die protesterende dogters natuurlik ‘African’ wil wees waarom die vals haarstukke?

Penellope Jones ·

Skrap die reels. As hulle dit eers reggekry het om een reel te laat verwyder, sal hulle nie ophou voordat alle reels verwyder is nie. Die wat wel besef waaroor reels gaan sal dalk dit nog nakom.

Die kabinet het die “dames” Girls High geprys oor hul dapperheid wat beteken dat hulle ook die feit dat hulle ‘n reel verontagsaam het goedkeur.

Hulle stel nie belang in reels, orde en dissipline nie, hulle wil doen wat hulle wil.

Henriette ·

Algehele chaos en geen orde is ons land se voorland. Een van die dae Toi Toi die kleuterskole ook

Aggie ·

Hulle aap maar net Pret.Girls High na. Suus tog, lei aan minderwaardigheids kompleks. Pleks hulle liewer skool bywoon en skouer aan die wiel sit. Dan kan hulle dalk iets bereik met n netjiese haarstyl. Wil maar net dwars wees en al die mooie tot niet maak

TM ·

Ek verstaan nie so lekker nie. Hulle was vinnig om die protes te begin maar nou is hulle bang vir viktimiserig? Wat het hulle verwag? Dit is nou duidelik dat hierdie nie van die leerders af kom nie maar van ‘n buitemuurse kwaadstigter.

Georgie ·

Na 22j wat swart en wit saam skoolgaan, hoekom nóú met hierdie klagtes en proteste uitkom? Hierdie sogenaamde afro, braids en dreadlock haarstyle is modegiere. Toe ek in die 80s op skool was, het die spiky hare met hope gel, lang kuiwe na die eenkant, “big hair” ens die onnies lam gemaak maar jys sommer by die skoolhek vasgevat. Dit was modegiere daardie tyd, die “big afro” wat hulle nou wil dra is ook net n modegier wat vanuit Amerika oorgewaai het…

Asjas ·

Volgende gaan die Weermag, Polisie en Mediese mense ook begin hiermee. Waar begrawe jy ‘n kappie, beret of enige uniform van enige aard in daai afro??
Om nie te praat van mense wat kos maak nie?! Hulle gaan sulke lang hare en allerande olies in hul kos begin kry. Hoop die lot is in ‘n koshuis of eet by die skool.

Emma ·

Kyk ek sal darem more graag daar wil wees om al die “braids” met die vals hare te sien. Dis mos nou toelaatbaar! Sommer twak. As d meisie genoeg hare het kan dit in “braids” gevleg word so nie KAN hulle dit vasmaak. Weet waarvan ek praat was jare in swart onderwys. Daardie “extensions” is ń onding in skole. Interessant is om nou te lees dat agterstande in skoolfooie ook sommer bygesleep word. Ja nee smee daai yster terwyl hy warm is.

elize naude ·

Skoliere is nie gevangene nie… weg met uniforme en onderwysers wat hulle soos diktatore gedra…

Boerseun ·

Gelukkig is jou en my kind nie saam op skool nie. Jy gedink hoe die kinders met mooi klere gaan geroof word en arm kinders gespot. Eerder weg met multiculturism

G ·

Haha, ooh Elize, dit gaan pragtig lyk as die meisies met privaatdrag kan skooltoe gaan. Oop magies, borste wat uithang, rompies wat skaars die nodige toemaak. Later gaan hulle nog aandring dat die privaatklere gratis aan hulle verskaf moet word ook, want die een meisie se ouers kan beter klere as die volgende een bekostig.

Johan Fourie ·

Nou kom hulle volgende stap niks te doen met viktimiserin,nie Nou gan hulle die skool hoof tieken en die onnerwysser .Tot hulle die skool vir hulle self kan kry al die wit onnerwyser uit het en dit oor neem
Dit was eers al die collages nou het hulle dit reg gekry en nou gaan hulle al die skole tieken

Corrie ·

Nou word die kwota stelsel vir die asnstel van onderwysers geeïs…..DUIDELIK die agteraf gekonkel van een of twee politieke partye. Ek wonder wat se leë beloftes is gemaak as beloning vir sulke optrede

Flippie ·

Die haarreëls in die voorheen swart (model 1& 2) skole is baie strenger. In Pretoria was die skakelmaatskappy, Powerhouse Public Relations en die Radio 702 agter die onrus en opsweping van die swart leerders onder die dekmantel van “haarreëls”.

Hierdie is ‘n aaneenskakeling met Rhodes must fall Fees must fall, Afrikaans must fall ens. Hulle sal nie ophou voor dat daar van elke greintjie Witheid en veral Afrikaans ontslae geraak is nie.

Dit is tyd dat ons weerstand teen hierdie stuwing bied en ons staal vir die gevolg van die weerstand. Dit gaan moeilik wees, maar die alternatief sal wees dat ons ‘n nageslag sal hê wat van ons vervreemd sal wees.

Die visie van die Onderwys in Suid Afrika is om die wit, veral Afrikaner jongmense van hulle ouers se lewens en wereldbeskouing te vervreem en dit selfs te haat. Selfs die DA steun dit.

genoeg is genoeg ·

Ek stem saam Flippie! Dis tyd dat ons se genoeg is genoeg en begin weerstand bied teen die totale afbreking van dissipline en morele waardes. Om nie eens van Afrikaans en wit te praat nie! Net ons kan dit stop! Ons kan nie meer net die knie buig nie, dit sal veroorsaak dat ons mense en taal in totaliteit disintigreer!

rr ·

Pruike en vals haarstukke is nie tradisie en daar word net engels gepraat in al die soort skole reg oor die land. Dit is pure moedswilligeheid van hul kant af en hul weet dit. Of hul word seker gedreig. Jy kan met ń stok aanvoel dat die fout by hul self is en by niemand anders nie.

hans ·

Stel maar die swart onderwysers aan en sien hoe gou hul vakbond die skool tot stilstand bring. Vikitimisering? Is van die skoliere bang die dat die waarheid gaan uitkom.

Louise ·

Tog eienaardig dat die mense van 1994 af hulle nekke gebreek het om hul kinders in voormalige model C skole in te skryf. Die skole moes terstond dubbel of parallel medium word om die swart leerders in Engels te akkommodeer. Nou skielik is niks meer van die skole goed nie, nie die gehate wit onderwysers of hul gehate reels nie. Al gevolgtrekking wat mens nou kan maak is dat daar n groot opstokery agter hierdie rassisme in skole sit.

Kiewiet ·

Extentions is vrek duur. Voordat dit toegelaat word moet seker gaak word skoolfonds is op datum. Gekleurde extensions in blonde hare lyk mooi. Sal dit ook toegelaat word? Of mag ‘n wit dogter nou oornag lang hare hê?

PMB ·

En dit is ons toekoms??? Die leiers van more, kan nie eers n eenvoudige hare reel nakom nie!! Mense ons is in groot moelikheid en dan is daar duidelik n 3de mag hier betrokke.

John ·

… en so sal dit aangaan totdat die eindeksamens eers volgende jaar geskryf word en die skool se naam verander is en ‘n swart skoolhoof aangestel is en die skoolbiblioteek afgebrand is en… #noschools aanvaar is… en…

PMB ·

John ek stem saam met jou. Dit is die begin van die einde………

vermeende ·

Hierdie is die resultaat van die 92 verkiesing.
SA spog vandag met die liberaalste konstitusie in die wereld waarin menseregte vervat word.
Ons konatitusie oorskryf alle reels in skole, daar was n saak waar n meisie n neusring skool toe gedra het wat teen die skoolreels was en die konstitusioenelehof het bevind dat dit haar reg is om dit te dra.

Waar het al ons probleme begin in die 80’s…..by die skole!

Charne ·

They were left out of the unilinear evolution.
Elize , In any organization, rules are established to prevent chaos.
Raising children with rules prepares the children for the real world, which has rules governing every aspect of life as an adult.

snoefie ·

skoliere wat by die skool betoog het, het skool reels oortree en moet summer geskors word.

Sandra ·

Goeie genade! Van wanneer af is “braids” ‘n natuurlike haarstyl?

John ·

Skooldogters met babas, duisende aborsies regoor die land, pasgebore babas in swartsakke, ou mans by jong dogters, vigsgetalle duisel by jong vroue, uitdagende gedrag jeens meerderes, leuenagtige afdreiging van mense’regte’, disrespek vir landswette, ordeloosheid en groot bederf… vals wimpers, hare, naels, sertifikate… en die eindpaal se bontvlag by die afgrond wink vrolik….

NICKEY VAN NIEKERK ·

Saam met die skoliere se “regte” kom verantwoordelikheid,,,,waarvan hulle net mooi bokkeroll weet.

OUTYDS

oupa bil ·

Sans souci is ENLISH school. Why all the fus in the Afrikaans medium?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.