Sans Souci-leerders ‘vrees viktimisering’

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Die skoolhoof van die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, sal nie Maandag by die skool aanmeld nie, aangesien leerders vrees hulle sal geviktimiseer word na hul protesaksie by die skool die afgelope week.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het gesê Amanda Engelbrecht, die departement se kringbestuurder, sal wel by die skool wees om seker te maak niemand word geviktimiseer nie en om leerders te ondersteun. Volgens Schäfer sal berading ook aan leerders, wat deur die afgelope week se gebeure getraumatiseer is, beskikbaar gestel word.

Maroela Media het vroeër berig leerders van die Sans Souci Girls High School het Donderdag en Vrydag op die skoolterrein betoog oor beweerde rassisme by die skool. Die leerders het onder meer beweer hulle word nie toegelaat om hul hare op natuurlike wyse te dra nie en word strafpunte gegee indien hulle hul moedertaal op die skoolterrein praat.

Betogende leerders sou Vrydag ʼn memorandum met hul eise aan die Wes-Kaapse departement van onderwys oorhandig het, maar het besluit om dit eers Maandagaand te doen wanneer al die leerders teenwoordig is. Schäfer het ingestem om dit Maandag namens die departement te ontvang.

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Volgens die memorandum eis die leerders dat Charmaine Murray onmiddellik as skoolhoof bedank. Hulle eis ook dat die skool se reëls oor hare gewysig word, die taalbeleid wat glo die praat van inheemse tale verbied, gewysig word en leerders wat nie die skoolfonds kan betaal nie, van geen aktiwiteite by die skool uitgesluit word nie. Die leerders dring ook aan meer swart onderwysers moet by die skool aangestel word om die demografie van die skool se leerders te weerspieël.

Schäfer het gesê sy is bekommerd oor die skokkende bewerings wat onder haar aandag gebring is, veral omdat sy Vrydag ingelig is ʼn klagte wat reeds in 2011 na die departement gestuur is, het skynbaar ongesiens verbygegaan. Sy het gesê gesprekke sal Maandag voortgesit word om so gou as moontlik die skool se gedragskode te herskryf. Die nuwe gedragskode moet voor die einde van September in werking wees.

“Die leerders het intussen versoek om toegelaat te word om van Maandag af vlegsels (braids) in hul hare te dra. My reaksie was daar is geen probleem met vlegsels nie, solank hul hare netjies is. Ek glo dit sal deel vorm van die besprekings rondom die nuwe gedragskode,” het Schäfer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

46 Kommentare

jongste oudste gewildste
Asjas

Hoekom nie net sommer die gedragskode skrap nie? Julle gaan tog nie gelukkig wees totdat die skool buite beheer is soos die res van die land nie.

My opinie

Dalk is ek verkeerd, maar ek dink daar is ‘n verskuilde politieke agenda agter al hierdie protes-optoge en betogings in skole. Hoekom noú skielik? Na verlies aan stemme in die afgelope munisipale verkiesings? Die leerders en ouers het vooraf geweet van die reëls en daartoe ingestem. Dis in my opinie net so bindend as ‘n regskontrak – maar nou word die holruggeryde kleurkaart weer gespeel en skole onbeheerbaar gemaak. Dalk word politieke partye se agteraf aanhitsing blootgelê indien daar ‘n bietjie dieper gedelf word?

pieterdp

Wat gaan aan met die mense van vandag. Ouers wat hul kinders in skole in plaas wat nie hul moeder taal aan bied nie. Maar nog steeds wil hul die kinders daar plaas en dan is daar konfluk. Ek pkaas die blaam op ouers en die regering van die dag.

Tania

As ek vandag my beroep oor kon kies sou dit beslis nie onderwys gewees het nie. Ek lees die afgelope week se berigte, met reg is daar seker werklik enkele probleem gevalle. Kinders en ouers het vrye sê en eise oor onderwysers. Kru taal is aan die orde van die dag. Redenasie – die reg tot onderwys. Jongmense dit is nie n beroep wat ek vir een van julle aanbeveel. Die maal van die karring is nie die aalmoese werd.

Petra

Waarvoor moet hulle berading kry. As hulle kan protes, is daar geen probleem met hulle geestelike toestand nie. Miskieen on hulle Te leer om soos ordentlike studente op Te tree en skoolreels Te respekteer, maar nie andersins nie. skole het daardie taalreels gehad in my tyd Al en ek is nou 66. WAT HULLE WEL KAN DOEN IS SE EENDAG ENGELS, EEN DAG AFRIKAANS EN EENDAG MOEDERTAAL VAN MEERDERHEIDS COMMUNITy IN DAARDIE PROVINSIE. dit sal Dan almal akkomodeer, die “sogenaamde wit rasisme ” wat die skole voor uitgejou word uit die wegkry en almal kan Dan die verskillende tale leer.… Lees meer »