Santam gekap oor uitbetalings

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Insurance Claims Africa (ICA), die spesialisfirma wat versekeringseise namens die gasvryheidsbedryf behartig, het Santam gekap oor sy besluit om die betaling van Covid-19-eise tot slegs drie maande te beperk.

ICA was vir byna sewe maande in ʼn regsgeding met Santam wat weier om sy kliënte se eise uit te betaal vir die tydperk wat hulle weens die landwye afsonderingstydperk nie kon sake doen nie.

“Santam het gesê dat hy sy kliënte in die gasvryheid- en ontspanningsbedryf ʼn volledige en finale skikking van slegs drie maande se verliese sal bied. Dit terwyl die kontrakte van meeste van hierdie kliënte stipuleer dat hulle dekking vir tot 18 maande het,” het Ryan Woolley, uitvoerende hoof van ICA, Dinsdag gesê.

Die hooggeregshof in Kaapstad het Santam in November beveel om Ma-Afrika Hotels vir die volle 18 maande-tydperk van sy kontrak te betaal. Die versekeraar het aangedui dat hy gaan aansoek doen om verlof tot appèl oor die uitspraak.

Volgens Woolley is die enigste manier vir Santam om sy kliënte billik te behandel om ʼn tussentydse betaling van drie maande aan te bied en die balans ná die appèl te hanteer.

“Deur ’n finale skikkingsbedrag van drie maande aan te bied en sy kliënte te dwing om hulle vir die balans te dagvaar, is onregverdig en gewetenloos. Hierdie optrede dui daarop dat Santam nie meer regsekerheid wil hê nie, maar dat hy in werklikheid probeer om voordeel te trek uit kwesbare kliënte wat desperaat is vir finansiering.”

Die inperking in reaksie op die Covid-19-virus het groot verliese vir ondernemings veroorsaak en volgens Woolley is duisende sakelui wat polisse vir sakeonderbrekings gekoop het, veral geraak.

Hy sê dat die toerisme- en gasvryheidsektor, wat 1,5 miljoen mense in diens het en 8,6 persent bydra tot die land se ekonomie, tydens die afsonderingstyd byna in duie gestort het.

“Duisende mense het hul werk verloor, families is vernietig en ondernemings moes hul deure sluit, ʼn  gevolg wat vermy kon word as versekeraars hul wettige verpligting teenoor kliënte nagekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Denise ·

Maar is dit nie alles CHINA en die REGERING (ANC) se skuld nie???… het dlamini nie dan gese all sigarette moet nie verkoop work en all drank plekke moet toe maak??? Ek sou se gaan soek jul uitbetaalings van 18maande by daai twee plekke.

Anel ·

Hier stem ek 1000% saam met jou. Laat die kopdoek al die geld wat sy so onwettig met onwettige sigaretverkope gekry het bietjie verklaar. Sy en haar familie en konfiskeer alles en gee vir al die mense wat verliese gelei het. Van die Sjinese wil ek nie eens praat nie.

Alet ·

Mense met polisse by Samtam het betaal vir die risiko versekering. Dis juis hoekom hulle dit gedoen het.

Pampoen ·

Ek dink nie enige versekeraar kon in hulle wildste drome die gemors sien kom het nie. Ek voel bietjie jammer vir hulle en wonder of hulle genoeg reserwes het om die skade te bekostig?

Harry ·

Pampoen, Santam het meer reserwes as waarvan jy ooit kon droom. Die punt is……..hulle bemark die produk…….hulle moet instaan vir die eis. Dis tyd dat die wereld nie om geld draai nie, maar eer en integriteit. Hierdie kon net sowel ‘n ander ramp gewees het. Moenie fynskrif soek om die geld wat jy ge-in het nie uit te betaal nie.

Alet ·

Onglukkig as jy versekeraar wil wees moet jy bewus wees dat jy risiko loop. En ja niemand het ooit so iets voorsien nie. Maar Santam was gou om die polisse aan mense te smous. Mos nie gedink so iets sou gebeur nie en vir jare al smile hulle al die pad bank toe. Nou dat hulle hulle gedeelte van die ooreenkoms moet nakom nou is dit ander gesange. Hulle kan mens meedoenloos jag om polisse aan jou te verkwansel en dan koop mens dit en die dag as hulle moet betaal is dit allerhande stories. Klomp skelms. Die hele spul van hulle.

Blikkies ·

Alet, ek moet jou antwoord op jou berig. Ek dink nie jy kon die spyker beter op sy kop geslaan het nie. Ek stem 100% met jou saam. As ek ‘toe ek jonk was’ geweet het wat ek nou weet van versekeraars het ek nooit in my lewe enige versekerings maatskappy ondersteun nie en my eerder self verseker met my eie inkomste. Ek staan op pensioen, nou moet van die poliise uitbetaal, julle moet die verskonings en kleinskrif sien wat hulle nou mee vorendag kom. Absoluut geen integriteit nie.

Pieter ·

Anton Rupert het mos n mijard rand besk gestel vir sekere mense om hulle te help. Nou moet die mense en besighede wat getrou betaal het sukkel. Die ou mense se plan bly maar die beste vat daai geld wat santam kry elke maand in sit dit in n spaar rek. Die dag as jy dit nodig het dan is dit daar.

Wondermaarnet ·

Gou om premies te kollekteer met maand einde, maar wanneer hulle moet betaal, is daar altyd ‘n gesloer.

Villie ·

Stem 100% saam. Ek het my respek vir Santam verloor. Geen integriteit.

Pierre ·

Op die einde van die dag moet mense besigheid met die voet ondersteen, as die hele gemors afgehandel is laat julle voete die praat werk doen.

Vrijburger ·

Baie baie jare gelede al het my wyse ou pa my gewaarsku om nie met Santam (Sanlam) besigheid te doen nie: “Hulle hande bewe wanneer hulle die slag moet uitbetaal”.

Henk ·

My pad met SANTAM het 18 maande tot sy einde gekom na 34 jaar wat hulle maand na maand my premies gekollekteer en jaarliks die premies opwaarts aangepas het, want nadat ek in n ongeluk betrokke was einde 2017…..is mos waarvoor ek verseker is…….het Santam besluit om my te “straf” en my premie binne n jaar met 47% vermeerder so weet jy wat, kry vir julle Santam! Ek is nou by n ander bekende versekeraar en my premie is R2000+ n maand minder op my voertuie, my huis inhoud / eienaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.