SANW-appèlaansoek afgekeur

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het onregverdig opgetree deur tugstappe te doen teen soldate wat aan ʼn onwettige betoging by die Uniegebou deelgeneem het, het die appèlhof in Bloemfontein Donderdag gelas.

Die hof het uitspraak gelewer nadat die departement van verdediging appèl aangeteken het oor ʼn besluit dat sy dissiplinering van die soldate nie aan die vereistes van geregtigheid en regverdigheid voldoen het nie.

Die soldate is lede van die weermagvakbond Sanwu. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle in 2009 ʼn opdrag, om na hul basisse terug te keer, verontagsaam het en aan ʼn onwettige staking by die Uniegebou deelgeneem het.

Die appèl behels kennisgewings wat deur die departement aan die soldate gestuur is en mediaverklarings wat op 14 en 15 November 2012 in twee koerante verskyn het.

ʼn Volbank regters van die hoogste hof van appèl het Donderdag die aansoek deur die minister van verdediging, die sekretaris vir verdediging en die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag van die hand gewys. Die hof het gelas dat ʼn werknemer voldoende geleentheid moet kry om terugvoer te gee en hulp te kry van byvoorbeeld ʼn vakbond.

Die feite in die saak dui daarop dat die betrokke soldate nie genoeg tyd gehad het om advies en hulp van hulle vakbond te kry nie, al was die weermag bewus van die vakbond se bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.