SANW bevestig dissiplinêre stappe teen DRK-soldate

Argieffoto

Argieffoto

Tot 50 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) kan moontlik huis toe gestuur word nadat hulle glo die aanklokreël verbreek het.

Die SANW het Donderdag ʼn verklaring uitgereik en bevestig dat hy in ʼn proses is om van sy lede, wat in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi is, te onttrek.

Die soldate was deel van die ingrypingsbrigade onder die vaandel van die Verenigde Nasies se stabiliseringsending in die Kongo.

“Die lede se optrede het die veiligheid van ander SANW-lede in gedrang gebring deurdat hulle die militêre gedragskode en die VN se gedragskode vir vredebewaarders oortree of verbreek het,” lui die verklaring.

Die oortredings is nie gespesifiseer nie, maar eNCA het vroeër vandeesweek berig twee pelotonne word huis toe gestuur nadat 23 soldate die vorige week ʼn sjebien besoek het waar sekswerkers gereeld kuier. Volgens die uitsaaier het nog 27 soldate verlede Saterdag ook die sjebien besoek, sonder dat hulle toestemming gehad het om die basis te verlaat en hulle het die aandklokreël verbreek.

“Die lede sal voor die militêre regstelsel moet verskyn sodra alle nodige administratiewe prosesse afgehandel is,” aldus die verklaring. “Die SANW veroordeel ten sterkste enige wangedrag deur sy lede en sal die nodige stappe doen om seker te maak dat korrektiewe maatreëls ingestel word.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anoniem ·

Ons het blou vitrioel in ons koffie gekry,vir oortredings die DB deesdae kry hul bier en sommer sekswerkers en as bonus word hul huis toe gestuur om voort te gaan waar hul opgehou het. Gn wonder hul soek wit soldate nie

Gawie ·

Die volgende is nie negatiewe kommentaar tov Maroela Media nie, net ‘n eerlike opmerking: Ek is nie seker of Maroela Media se joernalistieke strategie slegs beriggewing behels en of dit basiese ondersoekende joernalistiek en analise insluit nie.

Is dit nie onlangs in die media berig dat die militêre howe se aktiwiteite weens nie-aanstellings vir alle praktiese redes gestaak is nie.

Is die betrokke joernalis bewus van hierdie wyd-berigde feit en het dié dit nie nodig geag om die bostaande berig ook in dié konteks te plaas en opvolgvrae in die verband te rig nie.

Verskoon my frustrasie met ‘n toenemende vervlakking van afrikaanse joernalistiek in die algemeen, waar eenvoudige beriggewing, voorafopgestelde vrae (wat nie logies gelei word deur die voorafgaande antwoord, of die gebrek daaraan nie) die doodsklok vir die huidige besigheidsmodel gaan lui.

Ek is nie bereid om ‘n sent te betaal vir doodgewone breinlose beriggewing nie maar glo daar is baie saam met my wat sal betaal vir ingeligde, kritiese, ondersoekende, kundige joernalistiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.