SANW: ‘Ons is gereed om bendes te beveg’

Genl. Solly Shoke. Foto: Brenda Masilela/ANA.

Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse weermag (SANW), het Fikile Mbalula, minister van polisie, se uitsprake dat hy soldate na die bendegeteisterde gebiede van Kaapstad wil stuur verwelkom.

Shoke het Woensdag by ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê “as ons opgeroep word, sal ons gehoor gee. Ons ontplooi nie onsself nie en besluit nie self waarheen ons moet gaan nie, maar ons is gereed.”

“Ons is soldate, ons voer bevele uit, ons bepaal nie wat ons wil doen nie ons gaan waar die land ons nodig het. Wanneer jy ons ontplooi moet jy net gereed wees vir die nagevolge, want ons vat nie nonsens nie. Ons is nie opgelei om misdaad te beveg nie ons is opgelei om gevegte te wen,” het Shoke gesê.

Mbalula het verlede maand in ʼn verklaring gesê hy versoek die SANW om te help om bendegeweld in die Wes-Kaap en Gauteng te bekamp.

Shoke het bygevoeg dat die SANW begrotingsprobleme het.

“Die begroting van die weermag krimp nou al oor ʼn tydperk. Die inperkings is meer aan die operasionele kant. Al hoe meer take word aan die weermag gegee. Mense versoek dat die weermag die polisie help om misdaad te beveg, maar ons kan dit nie doen sonder stewels op die grond nie.”

Shoke het gesê hy sal met al die bevelvoerders van al die eenhede binne die SANW ontmoet om belangrike kwessies in die weermag te bespreek, insluitend kwessies met dissipline, die voorgestelde ontplooiing, begrotingsprobleme en die kriminele elemente in die weermag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Loon ·

Dis nou vir jou n grap, julle is opgelei om gevegte te wen, maar julle sukkel met dissipline en kriminele????
Oor n tekort aan geld praat ons nie, want dis aan die orde van die dag in alle departemente..

Pieter ·

Jy moet asseblief nie negatief wees nie en verstaan die meeste weermag lede se klere moet spesiaal gemaak word om te pas…..so ek dink dis waar hulle geld gaan…..en die weermag is uiters gevaarlik….hulle sal nie iemand jaag nie want dan gaan hulle moet hardloop dus gaan hulle sommer so skiet uit die heup..

willie ·

Oo HKGK! Hulle is verseker nie in plek vir hierdie taak nie! Gaan kyk maar net hoe lyk hulle woonkwartiere en toerusting op die grond dit spreek vanself tov disipline!

Johan. H. ·

Loon Self nou gelag,,,, Om gevegte te wen,,,,, Dink die mense nie voor hulle praat nie,,,,hAHHHHAAA

Boela ·

Die weermag sal nie ‘n geveg teen ‘n spul sirkusnarre wen nie! Waar is die dae toe die SAW die mees gevreesde mag op die kontinent was?

Ashley ·

Regtig? Wanneer was daardie dae? Ek was in die Weermag van destyds. Lol!!!

KPL ·

Andrea … ek dink al army waar jy seker was,was salvation army

Korporaal ·

Gedurende my tyd (na weermagopleiding) in die plaaslike kommando is ons gebruik by padblokkades tesame met die polisie. Dit het uitstekend gewerk maar nou-ja, ons weet wat het van die kommando’s geword . . .
Par.2: ‘onself’ is ‘onsself’.

John ·

Dit is die begin van groot probleme… die weermag gaan eerder ingespan word om boereoptogte en ander teenstand vas te vat… en nie bendes nie… Die laaste paar maande van die jaar gaan wild wees…

Adam ·

Absoluut skreeusnaaks!!! SA se vloot bestaan uit 3 “rubber ducks”, die lugmag uit ‘n paar opgeroeste vliegtuie en die weermag uit ‘n klomp half-opgeleide en onbevoegde soldate. Indien ek die hoof van die SANW was, sou ek eerder die laaste paar rand op nuwe onderbroeke spandeer het, eerder as om te fantaseer oor hoe die bendes opgedons sal word.

Albatros ·

As hierdie ‘bendes’ vir hulle ore aansit gaan ek lag. Stuur hulle asb in. Ek wil sien.

Leahim ·

Die weermag kan nie eers hulle eie kampe beveilig nie ,dan praat ons nie eers van die onbewaakte grense nie nou wil hulle bendes aanvat in die weskaap ……en as hulle tweede kom?

Wit, Afrikaans en trots ·

Ja, spreek die bendes aan – ek dink, al wat ons wit, Afrikaanse mense en boere wil weet is: wat van die plaasmoorde? WAT? Meeste van die SANW lede is heavy oorgewig en kannie eens meer ‘n sakresies wen nie. Dit sal die regte ding wees om hulle op plase te vestig, daar hoef hulle nie te hardloop as hulle die boere en sy gesin moet beskerm nie.

wraggies ·

Van wat ek laas gesien het gaan hulle offisiere “shopping” in uniform, maar dra dan pienk pantoffels om die uitrusting af te rond.

Hendrik ·

Ons kan maar net bid dat 2019 se verkiesing n verandering in regering sal bring!

anton ·

Lyk my die sirkus in S.A word net groter by die dag en die narre net meer!!!
Hulle kan maar die weermag ontbind want wat beteken hulle elkgeval?
Ons land het mos nie meer vyande nie!
Hulle kan die belasting betalers enorme klomp geld spaar!!!
Hulle is lankal nes die polisie, n ”werkskeppings organisasie”, niks anders nie!!!

John ·

Terrorisme begin met bendes wat onrus saai en mettertyd van toerusting en planne voorsien word… betaling ontvang en later ‘formele’ opleiding kry. En telkens word alles deur dit die so onskuldige vername en ryk opstokers afgemaak as oorreaksie. Voeg daarby die feitlike ‘wettiging’ van sulke dade deurdat etiek, geregtigheid en godsdiens daaraan gekoppel word ~ vrome aksies dus vir dit wat reg en goed is en jou toekom. En wandade en bloedvergieting eskaleer. Die MK’s is steeds aktief en dra steeds uniforms wat aan hulle voorsien word. Hoekom? Het hulle ook wapens?

Pretoria ·

Regtig? Hierdie weermag kan nie eers ń griep vang nie! Vra wat het in Lesotho gebeur in die vroeë 2000’s tydens ń veediefstal operasie. Jongmans is dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.