SANW ontslaan 35 mediese studente in Kuba

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Vrydag gesê hy het administratief 35 van sy lede ontslaan wat al meer as 30 dae “awol” (afwesig sonder verlof) is tydens hul kursus in Kuba.

Die SANW het gesê die lede is in 2018 na Kuba gestuur om medies te studeer, maar het al in Februarie 2019 verdwyn.

“Die SANW stel dit onomwonde dat geen wandissipline binne die Weermag geduld sal word nie en drastiese stappe sal gedoen word teen enige lid van die SANW wat die mag se naam kan skade berokken,” lui ʼn kort verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johan ·

Die vrot appels is orals in ons Suid-Afrikaanse samelewing… Politiek, onderwys, polisie, amptenare en dan ook natuurlik… Ons Weermag. Dis net ongehoord dat daar teen hulle opgetree word

fred ·

meer dan 30 dae?? ek hoop die MP’s weet waar hulle is?Waarom so lank gewag om op te tree? In my tyd was jy na 1 dag AWOL en soek die Militère polisie jou….

Johan ·

Die meeste MP’s “awol” self gedurig. Gaan kyk maar na die persentasie MP’s wat in ‘n week skitter in hulle afwesigheid. Hulle woon die parlementsittings selektief by. Daarom is ek nie baie verbaas oor die klomp wat net vakansie hou in Kuba nie. Hulle het mos nou ‘n voorbeeld

Marinda ·

Hoop die ooreenkoms met Kuba word nou gekanselleer. Dit kos ons belastingbetalers baie om hulle daar te hou.

HPV ·

Nee Marinda, nie solank die anc regime en die eff narre deel van die regering is nie. Soort soek soort, derde wêreld soek derde wêreld, hier is in elk geval nog te veel oor wat geplunder moet word…

ZJ ·

My vraag is net wat is die kwaliteit dr wat daar opgelei word.

Melanie ·

ZJ gaan jy na so dokter met mangel ontsteking, dan sit hulle jou been af.

Phil ·

Dit is hartseer dan mense die geleendheid om hul toekoms te verbeter so opmors.

HPV ·

Geen mens kan jou toekoms verbeter in Kuba nie, dit is self maar redelik agterlik en uiters armoedig.

Foxi ·

Hahaha??hulle het nie die vermoeë om uit te hou nie. Te veel om te werk en te leer. Gedink dit gaan n lekker vakansietyd wees. Bring die mense terug wat die werk kan doen man! Julle het nie nodig om luigatte uit te stuur nie. Hulle WIL NIE LEER NIE! Wanneer gaan julle mense oor die probleem kom….nee regtig!

Hansie Slim ·

Betaal studente……
Dit gaan goed as die staat studente betaal…. was seker teveel betaal.

Kobus Swanepoel ·

Nou gaan hulle terug kom en dan word hulle ambassadeurs reg oor die wêreld. Dit is wat die anc doen met sy kriminele

Se net... ·

30 verdwyn in Kuba. Vreemd dat niemand na hulle soek nie. Dis dalk nie awol nie maar mensehandel of moord

Wes ·

Of hulle het ‘n idiliese eiland ontdek waar jy net sigare rook en strip poker speel?

Boesman ·

Hulle gaan seker nou medies by Tuks studeer. Hulle behoort darem daar te slaag.

Andrea ·

Nee, hul was mos nou in Kuba om medies te studeer, so hul is seker volleerd in die week of twee wat hul dalk klasgedraf het. Hulle gaan nou in die staatshospitale ontplooi word.

willem Botha ·

Maar daar word gediskrimineer teen wit studente wat medies wil studeer in SA oor hulle velkleur.

aj ·

Dit gaan so sleg onder hierdie ANC regime dat die jongmense uit die land weg VLUG!

Daardie 30 studente is seker ekonomiese ‘vlugtelinge’ of desperate asiel soekers?

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste AJ, daar slaat jy hom oppi kop!! As hierdie government my gratis oor vlieg Kuba toe, sien hulle my ook nooit weer nie!! Die koste om in ‘n ander land te vestig is net eenvoudig astronomies………..en meer so oor ons “presterende geld-eenheid”!! My bure is in 2000 oor na Aus. Nadat hulle ALS hier verkoop het, kon hulle ‘n soortgelyke huis in Aus koop……..Nou, 19 jaar later, moet ek SEWE huise soos myne verkoop om EEN huis in Aus te kan koop. As die regering nog “studente” soek om oor te stuur……..staan ek voor in die ry. Pick me, pick me, pick me…..

Gert ·

Kyk, as jy in Kuba in verdwyn om net nie terug te kom Suid-Afrika toe nie, moet jy weet hoe vrot gaan dit dan in Suid-Afrika, want Kuba is nou nie eintlik ‘n paradys nie.

Tilo ·

Gert, hierdie vertel my n ander store ook. Hoekom Kuba toe gaan vir mediese opleiding? Is ons opleiding in RSA so pateties?

Nog n vraag: gaan hierdie koste nou van hul pensioen uit betaling weer hou word?

Dries du Toit ·

Dokters is gewoonlik mense met integriteit. Sleg was nog altyd niks anders as sleg nie

Lynette ·

As jy dood is, weet jy dit nie; dit is dieselfde met onnosel

Steve ·

Wandissipline?
Geen respek, geen selfrespek…
Die SANW, SAPD, Metro Polisie is almal voorbeelde daarvan.
Dis tyd vir operasie “Regruk”. Dis tyd vir regverdigheid, eerlikheid en opregtheid.
Die wêreld het ‘n skande geword, en SA is ‘n leier (sic!) op díé gebied!

Danie Grobler ·

Ons gekkeparadys/sanw se naam is nou nog verder g@&gemaak! Al te pragtig.

Jerry ·

Wie hulle ookal gefire het is in die moeilikheid. Hulle gaan die eff join wie zimbabwiers gaan rent a crowd en toi, toi en demand dat hulle heraangestel word!

lewies ·

Die probleem le beslis by diegene wat besluit het om die kubana na SA te nooi vir hulle opleiding. Dis maar net ‘n kwessie van ‘n stoompot pap wat in die gesig ontplof het. Wie se geld word gemors?

Adam ·

Hierdie is seker ‘n Guinness Book of Records storie. Hoe op aarde gaan jy ‘n huidige SA soldaat in ‘n dokter verander kry; selfs in Kuba? Dr Frankenstein??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.