SANW ook in Mount Ayliff ontplooi

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit ná sewe mans dood is toe twee opposisiegroepe mekaar op Kersdag in Mount Ayliff in die Oos-Kaap aangeval het.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die SANW en die SAPD is op soek na die verdagtes wat in ʼn wyd uitgestrekte, meedoënlose en byna onbegaanbare gebied in Mount Ayliff wegkruip.

“Die SANW bied ondersteuning deur middel van toerusting, insluitend helikopters en om versterkings te bied aan die beamptes wat reeds ontplooi is.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep Mpeni-mans het Vrydagoggend omstreeks 05:00 met ʼn groep van die Nokhatshiles gebots en sewe persone, hoofsaaklik van die laasgenoemde groep, is dood. Nog ses mans, van albei groepe, is in die hospitaal opgeneem nadat hulle ernstige beserings opgedoen het.

Maroela Media verneem die dispuut hou glo met taxiroetes verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.