SANW: ‘Soldate ly gʼn honger’

Weermaglede op patrollie tydens die oproer in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ontken dat van sy soldate oorweeg om hulle aan Operasie Prosper te onttrek omdat hulle glo honger ly en bestempel dié gerugte op sosiale media as verdagmakend en ongegrond.

Die weermag het Maandag in ’n verklaring toegegee dat hy aanvanklik probleme ervaar het met rantsoenpakke en die uitbetaal van maaltydtoelae sedert lede van die weermag verlede maand as deel van Operasie Prosper ontplooi is om wet en orde tydens en ná die plundertogte in KwaZulu-Natal en Gauteng te handhaaf.

Die weermag hou egter vol dat dié uitdagings die nodige aandag geniet het.

“Maatreëls is getref om dié uitdagings die hoof te bied soos en wanneer dit sou opduik. Dit is ʼn voortgaande proses vir die duur van die operasie.

“Dit is heeltemal onwaar om voor te gee of te insinueer dat soldate honger ly en dit oorweeg om hulle aan die operasie te onttrek.”

Die weermag sê voorts die gerugte is opgemaak om bloot paniek te saai en het die publiek daaraan herinner dat dit ’n kriminele oortreding is om fopnuus of waninligting te versprei.

Maroela Media het vroeër berig wetstoepassers en veiligheidstrukture was Maandag op ʼn hoë gereedheidsgrondslag te midde van dreigemente van aksie wat die land tot stilstand sou bring.

Enkele voorvalle van oproerigheid wat verband hou met dié landwye protesaksie is Maandag in Nelspruit en dele van KwaZulu-Natal en Gauteng aangemeld. Met dié voorvalle is egter vinnig en doeltreffend afgereken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

Dit maak net sin in ‘n piesang Republiek waar leiers onbevoeg is en korrupsie en self verryking hoogty vier.

Strandloper

Net in Afrika! Hul soek net n rede om te strike! Regte lamsake! Sien hul al hol in n kontak

Hennie J

Een van die mees basiese dinge wat in plek moet wees as mense opgeroep word om diens te doen, is om te verseker dat daar vir hulle kos voorsien word. As selfs dit vir die weermag n “challenge” was, sien ek hulle graag in n operasionele toestand.

Manie

Daar is seker niemand in die SANW oor wat nog ‘n Opsorder kan skryf nie, dis hoekom hulle alewig in die knyp is tydens ontplooings.

Misky

Ja nee, ek het al paar van julle SANW lede gesien en hulle ly definitief nie honger nie. Inteendeel……