Saoedi-aanval sal brandstofpryse sleg tref

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die hommeltuig-aanvalle op Saoedi-Arabië se Abqaiq-olieraffinadery het chaos in die wêreld se oliemarkte veroorsaak en die voorspelling is dat dit sake meer uitdagend vir die olieprys sal maak.

Volgens die Outomobiel-Assosiasie (AA) sal die aanval op die raffinadery die uitkyk op olieprysstabiliteit heeltemal verander.

“Met ʼn enkele slag is 5-7% van die wêreld se olie-uitset van die tafel afgevee, wat daartoe sal lei dat oliepryse buite verhouding sal styg,” het die AA in ʼn mediaverklaring gesê.

Die uitwerking van die aanvalle begin nou ook in plaaslike brandstofpryse wys.

Daar was reeds Vrydag sprake dat die dieselprys sou verhoog, maar die aanvalle het die brandstof se prys nou verder in die rooi gedruk met ʼn styging van sowat 13 sent wat voorspel word.

ʼn Verhoging van ongeveer 8 sent in die prys van paraffien word ook verwag.

Die brandstofprysdata van die Sentrale Energiefonds het Vrydag getoon dat daar ʼn afname in alle grade van petrol sou wees, maar die afname het nou van 11 sent tot net 5 sent verminder vir 95-oktaan-petrol terwyl 93 oktaan net 20 sent sal daal.

Die AA sê weens die wisselvalligheid van die faktore wat die plaaslike brandstofprys beïnvloed, sal die vooruitsigte vir die brandstofprys voor die einde van die maand waarskynlik nog verander.

“Die Amerikaanse president het die vrystelling van olie uit die strategiese petroleumreserwe van die land goedgekeur. Dit moet sommige se senuwees oor die olieprys kalmeer, maar die potensiaal vir nog aanvalle op ander olieraffinaderye bly ’n kwelling.”

Die AA het verder opgemerk dat Suid-Afrika se groot afhanklikheid van petroleuminvoere kommerwekkend is. In ’n era waarin baie miljoene vate se produksievermoë in ’n oogwink verwyder kan word, kan die land nie die risiko van brandstoftekort of verlammende prysstygings wat van die normale vraag-en-aanbodsiklus ontkoppel is, ignoreer nie.

“Ons glo dat die regering korttermynrisikovermindering, met inbegrip van verhoogde biobrandstofproduksie, elektriese voertuie en beter openbare vervoer, moet hersien. Gegewe die onlangse verwikkelinge moet hierdie versagtings nou dringend prioriteite vir die regering word,” het die AA bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dirk ·

Dit kom nou van. Saudi bom Yemen al vir jare met die hulp van die Kaaskrul in die Wit Huis. Nou betaal die wereld die prys. Die dag wat daai nar uit gestem word kan nie gou genoeg kom nie

KrokodilBotha ·

Die kaas krul doen uitstekend , hys glad nie n koue makou nie. Gaan terug met geskiedenis oor presies wat daar aangaan. Jyt nie n benul nie.

Louis Eksteen ·

Kan iemand aan ons leke verduidelik hoekom die brandstofprys aangepas word enkele dae nadat die wêreldprys styg. Ons kry tog nie gister se olie vandag by die petrolpompe nie. Ek kan verstaan dat ons dalk vandag olie moet aankoop om dalk eers na 60 dae gelewer word maar waarom word vandag se prys onmiddellik in berekening gebring op die prysbepaling van hierdie maand?

Arrie ·

Louis, ek verstaan dit ook nie. In my domigheid sien ek dit net as n verskoning om ons weer te melk.

Annelize ·

Hierdie is nou net ‘n gulde verskoning en geleentheid vir die Regering om die reeds verarmde landsburgers, net meer te melk. Jy weet, een se dood is die ander se brood, en onse regering sal mos nou nie op hom laat wag om te skep as dit pap reen nie.

Wim ·

Louise ek sien Sasol klap weer hande vanoggend hulle aandele styg weer mooi .Dis ook iets wat ek ook oor wonder hulle petrol word mos plaaslik vervaardig,maar ons almal weet nou skep dit weer op die gravy train.

Jan Nel ·

Want Sasol is selibaat, hy het net een pomp in elke dorp.

kraai ·

Waneer kom “SWAARKRY en SUFFER” tot n end???? as dit nie die een ding is nie, is dit ander ding. Imagine hoe kospryse gaan styg, Vleispryse is al reeds so hoog, maar ek is nie bereid om so duur te betaal vir vleis nie, dan kan dit maar vir petsmince gaan. Dit kom al hoe meer voor nou.

Onnodig ·

Waar is die antwoorde op ons reserwes wat verkoop is? Maak die belasting minder op die brandstofprys sodat dit meer verbruikersvriendelik is? Genade

Spook op thaba ·

Stig saamry groepe. Ek en n paar van my kollegas maak beurte om te ry. Hoe meer saamry hoe beter. Ek ry elke 5e week met my voertuig. Ons is 5 wat so saamry

Shell Shocked ·

Jan Nel dan sal die mense mos ongeduldig raak van die lang toustaanery veral voor prysverhogingsaande. Petrol word nou te duur.

se net ·

En dan gebruik party die gouemiddel om brande te stig. Besef dit is baie kosbaar.

Morne ·

Dit raak nou so duur ek kan nie eers n hoender agter 1/4 bekostig nie.

Hendrik ·

Dis jammer dat ons nie sommer by Angola of lande in Afrika olie kan koop nie of moet daar eers ‘n omkoop situasie wees? Die regering kan maklik enige wereldkrisis gebruik om die SA belasting betaler verder te ry. Miskie verstaan ek nie regtig die oliebedryf nie.

Neels ·

Ons wag nog geduldig (????) vir die uitslag van die saak wat voortspruit uit ons oliereserwes wat deur ‘n vorige dametjie spotgoed verkoop is. Daar WAS sprake dat die transaksie gestop is/sou wees, maar sedertdien is daardie nuus ook verswyg. In die tussentyd is Haar Edele ook skotvry gelaat met absoluut GEEN straf/ nagevolge nie. Verstaan ons reg en geregtigheid nie …

KrokodilBotha ·

Die VSA is die grootste olie produsent. Die klein persentasie wat deur die twee raffinery gestop word, het geen invloed by ons nie. Dis meer die monopoly geld van onse land wat saak maak teen die dollar. Verder is dit al die heffings, en flou makou verskonings. Soos Neels hierbo vra oor ons ou reserves, daai tipe gebeure bepaal ons brood prys.

chrisjan ·

En daar gaan alles op winkelrakke se pryse ook weer op .dan praat hulle van verbruikersvertroue wat gedaal het?Wag en kyk . . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.