SAOG: Kommerwolke pak saam oor weervoorspellings

droogte

Foto: Daeron/Pixabay.com

‘n Voorspelling deur die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se Climate Service Centre Bulletin dui op ’n normale tot laer as normale reënvalseisoen in die suidelike gebied en normale tot hoër as normale reënvalseisoen vir die sentrale gebied van Suid-Afrika vir Oktober 2018 tot Maart 2019.

Die moontlikheid van ’n knellende droogte asook wisselvallige reënval, met veral swaar reën wat tot oorstromings en die vernietiging van eiendom en infrastruktuur kan lei, word ook in die bulletin uitgewys.

Die voorspelling van ’n langdurige droogtegreep asook hewige oorstromings hou kommer in vir die SA Versekeringsvereniging (SAIA).

Volgens Nico Esterhuizen, SAIA se algemene bestuurder van risikoversekering, kan die moontlikheid van verlaagde reënval in sekere gebiede risiko’s inhou vir voorbereiding en gebeurlikheidsbeplanning vir boere. Verdere risiko’s en rampspoedige verliese wat boere in dié droogtetoestande in die gesig kan staar, sluit in beperkte beskikbaarheid van water, swak weidingstoestande, risiko’s van brande asook verlaagde landbou-opbrengste.

In teenstelling met die laer reënvalvlakke kan die suidelike gebiede hoër reënvalvlakke verwag, gepaardgaande met die vernietiging van eiendom en infrastruktuur weens oorstromings.

Die vernietiging van infrastruktuur weens uiterste weerstoestande soos oorstromings, hittegolwe, haelstorms en veldbrande dra direk by tot beperkte toegang tot basiese gemeenskapsdienste soos skole of gesondheidsgeriewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leser ·

as n mens kyk na die weervoospelling is hulle ook soos “stir-all” wat n rat voor ons oe wil draai, reen word gewys, maar daar gebeur niks
weervoorspellimgs moet liefs nie gewys word nie, hulle maak mens bly aan die eenkant, maar vernietig die “glo” in hulle aan die anderkant

Jannes ·

Weervoorspellers kan nie eers ‘n week se weer korrek voorspel nie. Nou wil hulle dit sommer vir die res van die jaar doen.

Klimaat ·

Klimaatsverandering is nie ‘n storietjie of ‘n bonatuurlike sprokie nie. Dit verg toegepaste wetenskap, strategiese denke en effektiewe vooruitbeplanning anders gaan daar inderdaad ernstige gevolge wees.

Sandra ·

As/indien onse liewe referring gerat
en ge-olie was, sou hulle vooraf gebeurlikheidsplanne in plek kon stel. Ongelukkig werk dit toe nou nie so nie en moet almal maar sien Kom klaar. Ek is as ‘n reel nie negatief nie, maar sien niks positief in die in die vooruitsig nie.

Kommerwolke ·

Om na kommerwolke te staar gaan niemand help of baat nie. Dit gaan skerp intellek, die wetenskap en uitsonderlikeid verg om hierdie kwessie van klimaatsverandering doeltreffend te bestuur. Klimatsverandering affekteer die hele planeet Aarde en uiterste weerstoestande word alreeds elke dag gerapporteer.

Dries van die binneland ·

Die meisie wat die weervoorspelling op TV aanbied is pragtig, maar kan sy lieg.

IK ·

Stem met jou saam, pragtig en soos die weer ONVOORSPELBAAR . . .

Foxi ·

Ag mense…hou op kla. Onthou dit is net voorspellings. Oordag of nag kan die weer heeltemal n omeswaai hê. Kom hel or fire……laat dit tog net reën en reën, ons het dit nodig.
Ek gaan beslis nie kla oor die weer nie, laat die natuur sy gang gaan.

John ·

Dit is byna Maart 2019… nou eers die inligting wat duidelik nie met die feite tot dusver ooreenstem nie. Enigeen kan agteruit voorspel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.