SAOG-ministers vergader in Johannesburg

Stad Johannesburg (Foto: Willie, Pixabay)

Ministers van finansies en beleggings wat deel vorm van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-komitee vergader vandag in Johannesburg om te kyk na geleenthede vir samewerking en die verbetering van finansiële koördinasie.

Goewerneurs van die bank van die streek sal by die ministers aansluit.

Die agenda sluit in ʼn strategie vir finansiële insluiting en klein en mediumgrootte ondernemings se toegang tot fondse, die bevordering van verbindings tussen die globale agendas van BRICS en G20, die versterking van streeksintegrasie in die finansies- en beleggingsektor, streekshulpbron-mobiliseringsraamwerk, en valutabeheer.

Suid-Afrika is sedert Augustus 2017 in die voorsitterstoel van die SAOG. Die tema van die land se voorsitterskap van die SAOG is “Vennootskappe met die privaatsektor in ontwikkelende nywerheids- en streekswaardekettings”.

Lande wat deel vorm van die SAOG sluit in Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Eswatini, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, die Seychelles, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

IK ·

Hulle het darem een ding in gemeen: Voorheen deur wit regerings beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.