Clayson Monyela, woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het aan AFP gesê dat die vergadering deur die Suid-Afrikaanse regering gereël is ten einde die nuutste verwikkelinge in Lesotho te bespreek.
Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe se ministers van buitelandse sake gaan vergader.
Tom Thabane, Lesotho se eerste minister, het Saterdag bevestig dat die weermag deur middel van ʼn staatsgreep beheer oorgeneem het in sy land en dat hy na Suid-Afrika gevlug het.
Mothetjoa Metsing, Thabane se adjunk, het vroeër Sondag aan AFP gesê dat hy na Suid-Afrika gereis het vir samesprekings met president Jacob Zuma.
Lees ook:
Weermag ontken SA troepe probeer Lesotho-staatsgreep fnuik
ANC, DA veroordeel Lesotho-staatsgreep
Lesotho-staatsgreep: Eerste minister het na SA gevlug
Lesotho-weermag ontken staatsgreep
Lesotho-staatsgreep: Skote klap al van vroeg af
Moontlike staatsgreep in Lesotho