SAOG-ministers vergader oor Lesotho

Foto: Google Earth

Foto: Google Earth

Die ministers van buitelandse sake van drie lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gaan Sondagaand oor die onrus in Lesotho vergader.

Clayson Monyela, woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het aan AFP gesê dat die vergadering deur die Suid-Afrikaanse regering gereël is ten einde die nuutste verwikkelinge in Lesotho te bespreek.

Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe se ministers van buitelandse sake gaan vergader.

Tom Thabane, Lesotho se eerste minister, het Saterdag bevestig dat die weermag deur middel van ʼn staatsgreep beheer oorgeneem het in sy land en dat hy na Suid-Afrika gevlug het.

Mothetjoa Metsing, Thabane se adjunk, het vroeër Sondag aan AFP gesê dat hy na Suid-Afrika gereis het vir samesprekings met president Jacob Zuma.

Lees ook:
Weermag ontken SA troepe probeer Lesotho-staatsgreep fnuik
ANC, DA veroordeel Lesotho-staatsgreep
Lesotho-staatsgreep: Eerste minister het na SA gevlug
Lesotho-weermag ontken staatsgreep
Lesotho-staatsgreep: Skote klap al van vroeg af
Moontlike staatsgreep in Lesotho

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.