SAOU doen stappe om Schweizer-onnie se skorsing te betwis

Betogers by die Laerskool Schweizer-Reneke. Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het met stappe begin om die skorsing te betwis van ʼn onderwyseres van die Laerskool Schweizer-Reneke wat vandeesweek deur die beheerliggaam van die skool en die LUR vir onderwys in Noordwes geskors is.

Die SAOU se Chris Klopper sê die unie het reeds regsadvies bekom dat Elana Barkhuizen se skorsing “hoegenaamd nie voldoen aan die beginsels van regmatigheid en van prosedurele en substantiewe billikheid nie”. Klopper meen die skorsing is niks anders as ʼn dekmantel van politieke opportunisme en magsmisbruik nie.

“Ons het reeds begin met prosesse om die skorsing te betwis,” sê Klopper. “Tydens ons persoonlike besoek aan Laerskool Schweizer-Reneke het ons ook verneem dat die departement beoog om ʼn tweede opvoeder te skors. Die redes wat, soos ons verneem, aangevoer word, is eweneens twyfelagtig.”

Klopper sê die SAOU het reeds voorheen bevestig dat hy nie ten gunste van enige vorm van diskriminasie is nie, maar dat hy terselfdertyd enige ad hoc- en twyfelagtige prosesse sal teenstaan. “Ons het tydens die besoek [aan die skool] die versekering aan SAOU-lede gegee dat ons geen steen onaangeroer sal laat om hulle regte te beskerm nie.”

Volgens Klopper het die beheerliggaam van Laerskool Schweizer-Reneke nie vir Barkhuizen van ʼn brief voorsien waarin die redes uitgestippel word hoekom sy geskors word nie en is sy ook nie geleentheid gegee om redes te verskaf oor hoekom sy nié geskors moet word nie. “Dit was ʼn gesamentlike besluit van die beheerliggaam en die LUR en hulle was onder groot druk van die betogers buite die skool en toe is sy net geskors,” sê Klopper.

“Die korrekte prosesse is nie gevolg nie en dit is ook die regsadvies wat ons ontvang het dat daar gronde is om hierdie prosesse te betwis.”

Klopper sê die SAOU sal ʼn brief aan die skoolbeheerliggaam, aangesien hulle Barkhuizen se werkgewer is, stuur om te versoek dat haar skorsing onmiddellik opgehef word omdat die behoorlike prosesse nie gevolg is nie. Indien die beheerliggaam nie aan dié versoek gehoor wil gee nie, sal die SAOU ‘n dringende hofaansoek indien.

Hy sê verder dat beamptes van die SAOU vanaf Maandag by Laerskool Schweizer-Reneke sal wees ten tyde van die departement van onderwys se ondersoek na die saak om te verseker dat die unie se lede nie deur ondersoekers geïntimideer of geviktimiseer word nie. Die SAOU-beamptes sal ook hul lede bystaan en adviseer indien verklarings afgelê moet word en verseker dat die regte prosesse gevolg word.

EFF-ondersteuners was van die betogers wat op die perseel van die Laerskool Schweizer-Reneke geprotesteer het. Foto: ANA

Klopper sê die unie het vandag met sy regspan oorleg gepleeg en prosesse om die skorsing te betwis sal voor Maandag in werking gestel word. “Die magsmisbruik van die LUR en die departement is afkeurenswaardig en kan in geen omstandighede aanvaar word nie. Dit sal in die gepaste forums beveg word,” sê hy.

Hy sê hy is bewus daarvan dat die vakbond Solidariteit vir Barkhuizen sal verteenwoordig om haar skorsing te betwis.

Maroela Media het voorheen berig Barkhuizen is geskors nadat ʼn foto aan die lig gekom het van leerders van ʼn graad R-klas by die skool wat op hul eerste skooldag afgeneem is. Op die foto kan gesien word hoe wit kinders in die klas almal saam by ʼn groot tafel in die middel van die klas sit, terwyl vier swart kinders alleen by ʼn tafel voor die deur van die klas sit.

Verskeie politici, politieke partye en organisasies het woedend op die foto gereageer en meen dit is duidelik dat die leerders in die klas volgens ras geskei is. Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het vroeër aan Maroela Media ontken dat die kinders op grond van ras geskei is en sê die omstrede foto is kort ná die begin van die eerste skooldag geneem toe almal nog vreemd en onseker was.

Lees alle vorige berigte oor Laerskool Schweizer-Reneke op Maroela Media.

[Red] Hierdie berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Party ·

Kyk hoe dans hulle saam. Hulle is een party met verskillende “affiliates”. Terroriste party…

Felix ·

Ek sien ‘n skool in Matatiele is ook nou in die spervuur.

Felix ·

Die berig in die TimesLive praat van ‘n “huge problem”.

Gert ·

Felix, word daar dan nou ‘n heksejag op tou gesit? Watter skool volgende?

Al ·

Politieke opportunisme moet nekom gedraai word.
Sekere politici doen ñ heksejag op die minderheidsgroep terwyl daar ernstiger sake is wat aandag vereis en die verkiesing is boonop op hande.
Watter nut is so ñ belaglike agenda?
Om ñ land te bly verdeel met rassistiese histerie terwyl die wittes GEEN bedreiging is nie.

Philip ·

Stem heeltemal saam met jou. Dis ‘n skande hoe hulle ons wittes aftakel. Moeg daarvoor.

AmY ·

My hart gaan uit na hierdie onderwyseres. Sy het werklik NIKS VERKEERD GEDOEN NIE.

Dis jammer dat haar jaar só moes begin.

ne ·

Ek het volle vertroue in Solidaiteit! Dagvaar die ma wat die opskop gemaak het. Hoekom het sy nie die kinders leer afrikaans/engels praat nie? In alles word die ras kaart getrek. Hoekom is daar nie skole in die swart woongebiede nie?

Grys ·

Begin die Groot trek uit suid afrika, die geweld en haat gaan nooit stop totdat ons uit is nie, liewers lewindig en vrywillig hier uit as dood om ons te eindig.

Rooi ·

Absoluut. Ons het in 2016 gewaai. Was ‘n maand gelede in SA en ek kon nie glo hoe alles agteruitgaan nie. Ons is beroof boonop. Die wat kan moet daar wegkom, die tyd hardloop uit. Tiktok, tiktok, tiktok, tiktok….

Koos ·

Waarnatoe met die groot trek ? Na n ander land met sy eie probleme? Nee dankie! Ek sal maar bly en veg vir die boerevolk soos ons voorvaders gedoen het.

Pro juffrou ·

Ek dink die blankes moet voor die skool,die minister van onderwys en die lur gaan betoog.Hierdie bleik n duidelike misdryf te wees waar die blankes weggehou word van die res van die klas…..

Pro juffrou ·

Ek dink die blankes moet voor die skool,die minister van onderwys en die lur gaan betoog.Hierdie bleik n duidelike misdryf te wees waar die blankes weggehou word van die res van die klas…..kom nou mense daar word duidelik verkeerd opgetree

Hennie ·

Hoekom steek daai klomp hul hande in die lug? Niemand het eers ‘n vraag gevra nie! En ek twyfel of die swape ‘n regte antwoord het…

Stebastiaan Kritzinger ·

Die LUR wat die leerkrag geskors het, moet nie geskors word, maar afgedank word omdat hy nie geskik is vir sy pos. As hy nie die regte prosedure kan volg nie, kan hy ook nie dit bestuur wat hy voorgee om te wees nie.

Cornelia ·

Dankie dat u onverskrokke opstaan Mnr Klopper. U kan verseker weet dat al u lede en die gemeenskap, u en u span se daadkrag en resultate gaan volg. Mag u hand gesterk word in reg en geregtigheid.

smurfie ·

ek hoop die ouer wat die video versprei het, is sommer baaaaie trots op hulself. (Sarkasties)
Die persoon het die lewe van baie kinders en ouers nou in gevaar gestel.
Wonder wat wou hulle daaruit kry?
Aandag?!
Wel baie mense en kinders se lewens is nou omgekrap

Johann cb ·

Die hele skorsing is besmet met ondertone van rassisme! Ons het dit beslis nie nodig nie! Die foto was slegs geplaas om hartseer ouers gerus te stel dat almal rustig is! Ai tog…

FM ·

Dankie SAOU en Afriforum. Dankie dat julle opstaan vir justice. Die mense ken nie die wet nie, want hulle stel net belang om politieke punte te score.Hou aan om aan te hou. Hulle broeke bewe al klaar.Go for it.

Anoniem ·

Die LUR is self onbeholpe en swak ! Hy gaan nog met ‘n ROOI GESIG afgeneem word en vir die hele Suid-Afrika onverskoning vra ! HY is nie in beheer nie maar GOD ! Gooi asb al Jou put toilette toe ????

Mossie ·

Die EFF en BLF kan maklik kinders ou mense en vroue teiken. Hulle is baie braaf??? Hulle het ook nie die ander fotos eers in ag geneem en nou sit nog wit mense sonder werk.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die “beheerliggaam’ is haar werkgewer volgens die berig……..en hulle ondersteun haar nie? Dis nou vir jou ‘n “beheerliggaam” om op trots te wees, né? In plaas van die aantuigings te ondersoek, buig hulle agteroor om die LUR te “please”……..en skors net left, right en centre? As hulle dit met my gedoen het, het ek hulle nou in hulle privaat hoedanigheid aangevat vir verlies aan inkomste en voordele………..Hulle sou spyt gewees het hulle’t ooit op ‘n “beheerliggaam” probeer dien…………..Hopelose klomp gatkruiper rugstekers………

Zollie ·

Stem saam met jou sopbeen. Die skoolhoof en beheerliggaam is n klomp lafaarde. Ek weet sy het dit goed bedoel maar laat dit ook n les vir almal wees om nie alles op sosiale media te plaas nie party keer kan dit jou in die hakskeen byt soos al telkemale bewys is.

Johann du Toit ·

‘n Mens kan nie altyd glo wat jy lees nie. As jy onvoorbereid vir ‘n onderhoud voorgekeer word gebruik jy soms die verkeerde terme. Is die onderwyseres geskors of is sy tydelik van haar pligte onthef totdat die ondersoek afgehandel is? Indien sy geskors is, was haar oortreding baie ernstig en ontvang sy geen salaris vanaf daardie oomblik nie. As haar pligte tydelik opgeskort is, is sy nog nie skuldig bevind nie.

1+1 ·

Ek verstaan nie mooi nie. Waarom is die SAOU en Solidariteit nou saam betrokke by die saak. Gebruik die SAOU ‘n onafhanklike regspan of het hulle hul eie regspanne. ? (niemand hoef my vraag te beantwoord nie, dis net ‘n klip in die bos)

Anoniem ·

En daar mors hulle, hul krag en energie op snert – Die Rooi Gesig Groepie

theo ·

ek stem saam met johan cb, die onderwys departement is so behep met kleur en integrasie, kinders het self gekies om so te sit, en daar is niks fout met dit nie. die onderwys dept het n identiteits krisis. nou spring die DA jeug liga ook op die wa. hulle moes in die anc gewees het.

klip in die bos ·

‘n Nouer samewerkingsooreenkoms tussen die SAOU en Solidariteit kan ‘n goeie idee wees, veral met die SOS wat ‘n al hoe groter rol begin speel in veral die Afrikaanse skole.

Tik tok tik tok ·

Kom nou
Iemand moet weet wie die mamma is
Ons wil haar net haar 5min of fame gee
Kom ons weet almal wie is die onskuldige juffrou
Ons weet almal wie is die kindertjies (gesiggies) ?wyd en syd versprei
Laat ons nou weet wie is n simpel mamma wat gedink het sy gaan n point score

Maraleze Bosman ·

Ek as ouer waardeer dit as die juffrou ons op hoogte hou van wat in die klas gebeur met boodskappies en fotos….. Wat my sou vies maak is as ‘n ander ouer die fotos op Facebook sou publiseer sonder my toestemming……..

Wat maak die EFF daar by die skool? ·

Alweer samekoms van EFF….dink meeste van hul wil werkloos wees, dan het hul tyd om inbreek op instansies te maak en mense werkloos te los wit en swart..well done..jul het jul goed van jul taak gekweit, so vroeg in die nuwe jaar..hoop jul lese vir 2019 is om te siwn hoeveel mense julle werkloos kan agterlaat en skole sonder kinders…..soos gesien die afgelope week in Bronkhorstspruit ook….Van ‘n objektiewe wit persoon…dink ek die tyd het aangebreek dat wit mense ook stelling in neem en wegbly by die skool en sommer Jan 2019 geen skoolgeld betaal nie want die diens word dan gedurende Jan nie gebruik nie..dan kan die EFF die skool befonds..siende dat hul orals inneng sonder om regmatig soos opgevoede mense sake te benader…se maar net!! Mense word gatvol want wie beskerm nou die kinders en oumense waar hierdie tipe gedrag oorhand neem!!

AJ ·

Miskien moet alle model C Skole in SA wat nog onder wit bestuur funksioneer, stilweg die skool(gemeenskap) se bates verskuif na ‘n nuwe CVO skool. En daarna die Simson strategie volg met die staat se skool geboue?
Los die kaal grond agter vir die ANC bendes om verder te plunder.

Andrea van Vuren ·

Hoekom het die skool in die eerste plek sy deure vir almal oopgegooi? Nou kry hul die gevolge van swak bestuur en -leierskap!

Lampie Meintjes ·

Wil graag van Regsgeleerdes weet of dit nie n geval van aanstigting tot Openbare Geweld is nie. Indien wel kan daar nie n krimenele saak teen die aanstigters gemaak word nie??

Koos de Meyer. ·

Mooi saou gee hul gas. Daardie beheerliggaam is nie werd om so genoem te word nie. Hensoppers wat buig voor die regering van Noordwes. Pateties verby. Ons eie mense, waar gaan ons heen.

PJC ·

Ek wonder ook nog steeds of daar dan niemand is wat weet wie die ouer is wat die probleem veroorsaak het nie. Is almal dalk te bang om hulle nekke ui te steek deur die persoon se naam te noem. Dit kan mos maar met ń anonieme oproep aan die regte instansie gedoen word.

LHS ·

Ek hoop en vertrou die regte mense by SAOU lees my kommentaar of dra dit oor aan mnr. Chris Klopper. SAOU julle is nie instaat om enige probleme waar regsaksies ter sprake is op te los of deur te voer nie. Moet nie eers probeer dinge sê wat julle in elk geval niks aan gaan doen nie, niemand glo of vertrou julle regtig meer nie, ek weet want ek is vir baie, baie jare n lid. Waarom het julle nooit die departement in Limpopo hof toe gevat oor die absolute ongrondwetlike , onredelike en onwettige wyse waarop die minister van nasionale onderwys se beleid dat personeel wat uit permanente poste bedank het, pensioen uitbetaal is, vir 2 jaar nie weer aangestel mag word nie, in Limpopo totaal verkrag word en gladnie op daardie beginsels hanteer word nie. Persoon X bedank bykans 19 jaar terug uit n tydelike aflospos omrede haar man n bevorderingspos kry, sy ontvang geen pensioen uitbetaling, nou 19 jaar later weier Limpopo die hele tyd om haar in n staatspos aan te stel. SAOU is deeglik bewus daarvan, wat doen SAOU, absoluut niks. So mnr. Klopper moet eerder geen beloftes maak wat in elk geval nie nagekom sal word nie.

LHS ·

En soos gewoonlik sal die waarheid nie as kommentaar geplaas word nie. SAOU as onderwysvakbond bestaan net in naam, om die belange van hulle lede of dan Afrikaanssprekende onderwysers te beskerm, nie van veel waarde nie.

LHS ·

SAOU, laat SOLIDARITEIT eerder die saak hanteer. JULLE is nie bevoeg om daardie vrou te help nie.

Andrea van Vuren ·

LHS ek ondersteun jou vreeslose kommentaar. Dis agv van slapgat beheerliggame dat spogskole ten gronde gaan. Hoekom moet mens ‘leopard crawl’ om ‘hulle’ guns te wen?

Fritz ·

War wil hulle nou daar gaan maak,hulle moes daar gewees het om die vrou te beskerm,ag nee wat dit is baie swak,hoop nie daar is aftrekkings van die onderwysers na die niks werd unie toe nie,waar is hulle waneer onderwysers leerders se minagting moet beleef.

Ja Nee ·

Die anc, eff en blf is soos parasiete, hulle teer op als en almal. Hulle bou niks op nie, verbeter niks en dra niks by nie. Als gaan tot niet wat hul aan raak.

André Groenewald ·

Waar is Fedsas nou? Verwysende na hulle bevraagtekenbare betrokkenheid by Grey Kollege.

Cornelia ·

LHS, ons glo jou. Die SAOU se optrede word egter nou ook deur die breë gemeenskap onder die loep geneem. Hulle daadkrag sal met belangstelling gevolg word.

John ·

Waar is die witgesigte in die EFF en ANC? Is dit nie ook rassisties om kinders weg van hul eie kultureel geborge bande te hou nie? Om kleuters by hul eie mense te hou totdat hulle ingeburger is en dan tussen ander maats te plaas, is ‘n goeie sielkundige proses. Van nou af moet geen swart kind in daardie skool ooit weer met ‘n ander kind van sy eie ras praat nie… ook nie na skool nie. Maak dit wet en strafbaar met groot boetes vir die ouers.

Dienkie ·

Ja ons wil sien hoe lyk die ma wat soveel chaos veroorsaak het.

Marinda can Staden ·

Maak net di swart rassistiese ma bekend wat so graag wil kwaad stook!!!! Haar naam!!!

IC du Preez ·

Indien die DA bygedra het tot die gemors en betogings by Scheizer Reneke laerskool deur die “diskriminasie” te veroordeel, soos Maimani voorheen gedoen het, sonder volledige inligting, het die DA ‘n vyand van my gemaak. IC du Preez

Ben ·

1) Die persoon wat haar afgedank het, het nie die land se arbeids wette gevolg nie en is dus onbevoeg om sy werk te doen. Hierdie Persoon moet afgedank word.
2) Die Skool, Sy Hoof, Die beheeraad en die departement is verantwoordelik vir die reels ,regulasies en prosesse by die skool. Hoekom word daar getrap op die onderwyser as die Skoolhoof en bogenoemde bestuur verantwoordelik is? Waar is die reg denkende mense?
As mense nou Afgdank moet word dan die Department se skool bestuurder, Skoolhoof, Nuwe beheerligaam en so aan, laaste die onderwyseres. Die onderwyseres volg net die reels van die skool en wat sy geleer is oor hoe om onderig te gee. 3) Die ander taaliges hoort nie in die klas nie en dit is weereens uiters swak beplaning van die departement van Onderweys dat hulle in Afrikaanse Sprekende skool moet wees. Wat van BOU nuwe skole, die kinders word al hoe meer. Die mense van Suid Afrika het die werk nodig. Vir 4 kinders kon ‘n Privaat huis gehuur gewees het met hulle eie onderwyser in hulle eie moedertaal naby hulle eie woongebied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.