Sapa-sluiting ʼn ‘hartseer dag’ vir mediabedryf

sapaDie Nasionale Persklub het gesê die sluiting van die nuusagentskap Sapa is ‘n hartseer dag vir die mediabedryf.

“Die klub is saam met die Suid-Afrikaanse mediagemeenskap in rou oor die hartseer ondergang van Sapa,” het Jos Charle, voorsitter van die Persklub, in ‘n verklaring gesê. “Sapa was vir baie dekades ‘n betroubare vennoot in die mediabedryf wat nuusinhoud gegenereer en verskaf het wat deur die meeste mediahuise gebruik is.”

Sapa se raad het Donderdag aangekondig dat die nuusagentskap se laaste storie op 31 Maart om middernag gepubliseer sal word.

Minette Ferreira, voorsitter van Sapa se raad, het gesê die maatskappy sal gelikwideer word sodra die bates verkoop is. Sapa, wat sedert 1938 bestaan, is ʼn spesiale kategorie nie-winsgewende maatskappy en kan nie verkoop word nie.

Daar is aanduidings dat ʼn aantal belangstellendes oorweeg om Sapa oor te neem en in ’n kommersiële nuusdiens te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.