Die Nasionale Persklub het gesê die sluiting van die nuusagentskap Sapa is ‘n hartseer dag vir die mediabedryf.
“Die klub is saam met die Suid-Afrikaanse mediagemeenskap in rou oor die hartseer ondergang van Sapa,” het Jos Charle, voorsitter van die Persklub, in ‘n verklaring gesê. “Sapa was vir baie dekades ‘n betroubare vennoot in die mediabedryf wat nuusinhoud gegenereer en verskaf het wat deur die meeste mediahuise gebruik is.”
Sapa se raad het Donderdag aangekondig dat die nuusagentskap se laaste storie op 31 Maart om middernag gepubliseer sal word.
Minette Ferreira, voorsitter van Sapa se raad, het gesê die maatskappy sal gelikwideer word sodra die bates verkoop is. Sapa, wat sedert 1938 bestaan, is ʼn spesiale kategorie nie-winsgewende maatskappy en kan nie verkoop word nie.
Daar is aanduidings dat ʼn aantal belangstellendes oorweeg om Sapa oor te neem en in ’n kommersiële nuusdiens te omskep.
Waarom wil hulle SAPA sluit?