SAPD beveel om inligting oor oud-MK-lede bekend te maak

Argieffoto

Die Pretoriase hooggeregshof het Vrydag die SAPD in ʼn dringende interdik met koste beveel om alle inligting rakende die voormalige NSF-lede (Non-Statutory Forces), wat MK- en Apla-lede insluit en wat die SAPD deur ʼn geheime menshulpbronprojek wil bevorder, aan die vakbond Solidariteit bloot te lê. Die hof het voorts die bevordering van voormalige NSF-lede opgehef. Dit volg nadat dieselfde hof in April vanjaar reeds ʼn bevel uitgereik het, maar die SAPD egter nie daaraan gehoor gegee het nie.

“Die interdik wat Solidariteit Vrydag bekom het, dwing die SAPD nou om alle inligting binne 60 dae aan Solidariteit te verskaf,” het Renate Barnard, sektorkoördineerder van spesiale projekte by Solidariteit, gesê. “Voorts word alle bevorderings wat verband hou met die NSF-projek gestaak. Die normale bevorderingsprosesse en die bevordering van ander polisielede word egter nie hierdeur geraak nie.”

Volgens Barnard is hierdie uitspraak ʼn oorwinning vir Solidariteit, veral omdat dit duidelik uit die SAPD se optrede blyk dat hulle onregmatig wou voortgaan met die bevordering van NSF-lede en selfs ná ʼn vorige hofuitspraak nie ag geslaan het op die hof se instruksie om inligting oor hierdie projek aan Solidariteit beskikbaar te stel nie.

Barnard sê die vakbond was genoodsaak om die hof te nader nadat dit aan die lig gekom het dat die SAPD voortgaan met die ongrondwetlike bevordering van 628 MK-lede en die uitsluiting van 150 000 van die ander professionele SAPD-lede. “Dié interdik is ʼn groot deurbraak in ons geveg om duisende professionele, loopbaangedrewe SAPD-lede te beskerm teen dié onwettige en diskriminerende projek wat hul toekoms in die wiele sou ry,” het Barnard gesê.

Barnard sê voorts dat Solidariteit die inligting wat die SAPD gaan verskaf, noukeurig sal nagaan om te verseker dat die vakbond in ʼn posisie is om sy lede se belange en regte te beskerm en te bevorder. “Ons is daarvan oortuig dat die rede waarom die SAPD nalaat om die hofbevel te eerbiedig en inligting oor hierdie geheime projek bloot te lê daarmee te make het dat die projek gewoon onkonstitusioneel en onwettig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Judge Dredd ·

Dis nou ‘n geval van – Die kriminele en terroriste wat wet en orde moet handhaaf.

Groenie ·

Toemaar, ek verdink ons howe ook. Vicky Momberg wat ‘n swart polisieman beledig, kry 3 jaar tronkstraf en let maar op wat met Malema gaan gebeur nadat hy onwettig ‘n wapen wat onwettig in sy besit was in die openbaar afgevuur het.

John ·

Hierdie aksies is skynbaar deur die voormalige MK’s van 25 jaar gelede se grootbaas aanbeveel vir volgehoue ondersteuning. Mens wonder of plase, soos in Zimba ook beloof is. Die dansende impi’s by onlangse byeenkomste, glo veterane, beskik beslis oor ‘n verjongingskuur want daar was hupse jeugdiges onder hulle. Bemark dit eerder op eerbare wyse en word skatryk. Of staan terroriste-gevegslinies steeds gereed vir verdere opdragte…. en deur wie?

Grassie ·

Dit lyk asof die ANC besig is om hul eie mag binne die SAPD tot stand te bring. Daardie mense word vining bevorder om senior posisies te beklee. Wanneer ‘n mens voortaan met ‘n polisieman te doen kry gaan jy nie weet of hy ‘n eerlike man is wat polisiewerk as ‘n roeping sien of ‘n gewese (?) terroris wat net die ANC dien nie.

Lana ·

Solidariteit, dankie dat julle hulle vasvat op hierdie belangrike ene!!

HP ·

Dis hoekom die rooibaadjies so “free range” rondloop al die voorwerk ongehinderd doen.

leser ·

april die jaar het die polisie ‘n hof bevel ge-ignoreer, wat van doen dit weer
die polisie stel die voorbeeld, en so volg almal, wat is ‘n hof bevel in elk geval

HPV ·

Laat mens onwillekeurig dink aan die veroordeelde bomplanter Mc Bride… asook FW en kie wat ons oorgegee het aan die genade van die mense…

Jaco ·

Hulle het reeds n klomp bevorder in die BBP eenheid sien veral Kaapstad.

Johan H. ·

Daar is al klaar baie in al die dele van die weermag. Deur en deur n terrotiste organisasie die anc. Skreeu ten hemele . Op n tyd het ons terrorisme beveg. Vandag is hulle orals die hoofde.

En die ander ·

Twee dinge. Een wat van al die ander MK-lede in die ander staatsdepartemente, spesifiek die “security cluster”. Onregverdige bevoordeling en bevordering vind daar ook plaas. Tweedens is dit skokwekkend dat die SAP wat reg en orde moet handhaaf, die hofbevel verontagsaam. Die Minister van Polisie behoort vir minagting van die hof aangekla word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.