Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hom nie steur aan die legitieme griewe van sy werknemers nie.
Dit volg nadat die SAPD nie Vrydag by ’n konsiliasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) opgedaag het nie ten spyte van die feit dat tot soveel as 218 polisielede benadeel is.
Volgens Renate Barnard, woordvoerder van Solidariteit, spruit die saak voort uit die feit dat 218 polisielede nie bevorder is in terme van die SSSBC Ooreenkoms 2/2011 nie, weens die feit dat hulle óf nie van die regte ras óf nie van die regte geslag is nie.
“Dit is absoluut belaglik dat die polisie op grond van hul ras en geslag teenoor hierdie hardwerkende polisielede diskrimineer. Solidariteit sal hierdie saak nie daar laat nie en sal steeds bly veg totdat geregtigheid geskied,” het Barnard bevestig.
Solidariteit gaan hom nou tot die arbeidshof wend.
Roer hulle Solidariteit!!!!
Wat het jul verwag. Deel van n nie werkende regering. Daag nie op en daar gaan niks met ons gebeur
Lkker man lekker
Hulle daag amper nooit op vir enige iets nie wat is nuut?
Hahaha!
So waar! Ek wag sedert 1998 dat hul.kom vingerafdrukke neem na n inbraak by ons huis. Ek het maar so teen 2008 die venters met die afdrukke op gewas ;)
Wat is nuut? Deesdae se polisie vee hulle dan af aan die mees basiese wette so wat laat mens dink hulle sal enige ontsag hê vir enige ander instellings.
Seker maar weer nie vervoer of brandstof gehad nie….
En wat van nuwe aanstellings? Kyk bietjie wie kwalifiseer!
Hulle sal nie opdaag want hulle kan nie hulle saak regverdig.