SAPD glo verplig om eiendom teen EFF te beskerm

Foto: baldrics.wordpress.com

Foto: baldrics.wordpress.com

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet ingevolge die Grondwet eiendom beskerm teen enige persoon wat grondbeset aanhits, ongeag hulle politieke affiliasie. Dít volg nadat die EFF aangekondig het dat hulle vandeesweek ʼn grondbesettingsaksie van stapel stuur.

“Ingevolge die Wet op Betreding moet die polisie seker maak daar word opgetree teen die bevordering van plakkery en dat aanhitsers strafregtelik aangekla en vervolg word,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Ingevolge Artikel 205(3) van die Grondwet moet die polisie:
• Burgers van die republiek en hulle eiendom beskerm en beveilig;
• Voorkom dat daar enige dreigement vir enige gemeenskap se veiligheid ontstaan.

“Die feit dat so ʼn dreigement deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) alreeds begin realiseer, getuig van ʼn land waar die regering nie beheer het of wet en orde handhaaf nie. Artikel 25 van die Grondwet maak dit ook duidelik dat niemand net van hulle grond ontneem kan word nie,” het Cameron afgesluit.

AfriForum sal in Maart ʼn blitskonferensie vir gemeenskappe aanbied waar daar wenke gegee sal word oor hoe gemeenskappe grondgrype kan hanteer en verhoed. Die polisie is ook vir ʼn dringende vergadering oor die kwessie gekontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Dink AfriForum die ANC regering sal die wet uitvoer? Ek dink hulle hoop dat die EFF suksesvol sal wees. Dit sal dinge net vir hulle makliker maak om die boere van hulle plase af te dryf. Hulle sing dan nog steeds hulle wraaklied “kill the boer, kill the farmer”.

Pierre Celliers ·

Wette beteken net mooi niks, dit mag maar oortree word, solank die ANC daarby baat.

HEVW ·

Die geskiedenis van die Ooskaap onder die destydse Britse beheer word soos nog nooit tevore herhaal en waar wit en swart hulle saam op hierdie deel van die aarde bevind, sal daaraan nooit n einde kom nie.

Nadia ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoe die EFF net eenvoudig ‘n grondbesettingsaksie van stapel kan stuur? Hulle is dan nie eens die regerende party nie! Wie of wat gee hulle die reg om net te maak en breek soos hulle wil? Of is dit nou maar wat gebeur in ‘n wettelose land soos SA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.