SAPD kry nog 495 beamptes

Van die nuwe konstabels in die polisie. (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is byna 500 konstabels ryker nadat dié beamptes die ses maande lange toets geslaag het om ʼn wetstoepassingsbeampte te word.

Die nuwe konstabels is deel van die eerste groep van 10 000 polisiebeamptes wat by verskeie stasies, eenhede en dienspunte ontplooi gaan word. Die bykomende mag sal nie net die SAPD se kapasiteit aanvul nie, maar ook polisiesigbaarheid verbeter.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê al 495 van die nuwe lede het die inleidende polisie- leerontwikkelingsprogram suksesvol ondergaan. Die program is ʼn kombinasie van teorie en praktiese toetse.

Die gradeplegtighede het Vrydag gelyktydig in die Oos-Kaap en Limpopo plaasgevind.

Van die nuwe konstabels in die polisie. (Foto: Verskaf)

Altesame 194 van die nuut opgeleide lede het in regte, polisiëring en kriminologie gegradueer, terwyl die meerderheid van die konstabels ook voorheen as reserviste gedien het.

“Die meeste van die lede sal nou ontplooi word om te dien binne gespesialiseerde eenhede soos dié van die openbare orde- polisie (POP) en dié vir gesingsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe om die vlaag van geslagsgebaseerde geweld te takel,” sê Mathe.

Die oorblywende groep polisiebeamptes sal hul opleiding in Desember voltooi “om meer stewels op die grond te hê tydens die besiger feesseisoen”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

Kan ons dit durf waag om te vra wat die standaard van opleiding was aangesien dit deesdae power is? Wonder of daar integriteits toetse op hulle gedoen is. Sien geen blankes nie.

james ·

window dressing hulle is nie ernstig in wat hulle doen nie, hierdie gaan nie oor veiligheid, maar om werkskepping, niks wat die ANC doen hou enige voordeel in vir die land as geheel nie, alles is net om hulself te bevoordeel

Shakespeare ·

Hoop daar is 1 onder die klomp wat bevoeg is en etiese waardes het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.