SAPD-lede wat lieg oor k-woord: Nog stappe oorweeg

Lt.kol. Annemarie Oosthuizen. Foto: Mia Slabbert

Daar gaan ook ʼn siviele eis ingestel word teen die twee polisiebeamptes wat ʼn boete en opgeskorte vonnis ontvang het nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle hul eertydse bevelvoerder valslik van rassisme beskuldig het.

Renate Barnard, sektorkoördineerder van die openbare sektor by Solidariteit, sê lt.kol. Annemarie Oosthuizen gaan in haar private hoedanigheid skadevergoeding van die twee beamptes eis.

Sedisa Tikoe en Chris Mphana is opgeskorte tronkstraf en ʼn boete opgelê nadat hulle Oosthuizen valslik daarvan beskuldig het dat sy die k-woord gebruik het om na hulle te verwys.

Albei is tot twee jaar tronkstraf vir meineed gevonnis, twee jaar vir regsverydeling en op die klag van crimen injuria is ʼn boete van R60 000, of drie jaar se gevangenisstraf opgelê, waarvan R30 000 en 18 maande voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is. Tikoe is ook tot ʼn jaar tronkstraf gevonnis vir aanranding, wat in die geheel voorwaardelik opgeskort is.

Chris Mphana (links) en Sedisa Tikoe. Foto: Mia Slabbert

Dit beteken Tikoe en Mphana sal nie tronk toe gaan nie tensy hulle binne die volgende vyf jaar ʼn soortgelyke oortreding begaan. Hulle moet egter dadelik die R30 000-boetes begin betaal in paaiemente van R5 000 per maand vir die volgende ses maande. Indien hulle dit nie doen nie sal hulle 18 maande tronk toe moet gaan.

Oosthuizen het in 2017 ʼn dissiplinêre proses teen die twee beamptes begin omdat hulle sonder toestemming nie vir werk opgedaag het nie. In reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee beamptes ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen gelê deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het. ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het egter na vore getree om teen hulle te getuig, al is sy ook later geïntimideer en het sy vir haar lewe gevrees.

Daar is nooit met tugstappe teen Tikoe en Mphana begin nadat dit aan die lig gekom het dat hulle gelieg het nie en albei werk steeds in die polisie se menslikehulpbronneafdeling in Klerksdorp. Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het onderneem om terugvoer te gee oor of daar nou tugstappe teen die twee oorweeg gaan word nadat hulle gevonnis is.

Renate Barnard saam met lt.kol. Annemarie Oosthuizen. Foto: Mia Slabbert

“Dit is ongehoord dat daar nie al destyds stappe teen hulle gedoen is nie. Daar is nie gehuiwer om Annemarie te ondersoek nie. Dit is kommerwekkend hoe sake in die polisie hanteer word en ons sal nou druk plaas dat daar wel interne stappe teen Tikoe en Mphana gedoen word,” het Barnard gesê. Oosthuizen is tydens ‘n interne verhoor onskuldig bevind.

Daar word intussen ook op ʼn datum gewag vir ʼn saak in die arbeidshof waarin die polisie aangevat sal word oor sy versuim om stappe te doen nadat Oosthuizen se klagte aan die lig gekom het. Verder sal daar druk geplaas word dat die twee beamptes voor die polisie se geskiktheidsraad moet verskyn, ingevolge artikel art 34(1)(b) van die Polisiewet, aangesien die hof hulle onder meer ook onbevoeg verklaar het om ʼn vuurwapen te besit.

“Dit blyk dat daar twee stelle reëls gevolg word waar daar in sekere gevalle met alle mag teen iemand opgetree word terwyl ander in watte toegedraai word,” meen Barnard en voeg by dat daar van polisiebeamptes verwag word om selfs ʼn hoër standaard te handhaaf as gewone landsburgers.

Oosthuizen is nadat die bewerings teen haar gemaak is as hoof van die polisie se menslikehulpbronafdeling in Klerksdorp verskuif na die afdeling vir sigbare polisiëring waar sy steeds werksaam is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johannes ·

Dis ‘n ou laai van die polisie om selektief teenoor hul werknemers op te tree en tug stapoe toe te pas.

Dit maak dit ook moeiliker as jou groot baas in jou eie divisie dit duidelik vir jou maak dat hy nie eintlik opgetrek is met blanke lede nie.

Deon ·

Verstaan ek reg? Werk hulle nog by die polisie? Hulle het mos nou n kriminele rekord of hoe?

Steve ·

Is dit nie ‘n vereiste kwalifikasie om ‘n lid van polisie of regering te wees nie?

Cecilia ·

Die grootste kriminele werk in d SAPS. Vat hulle aan. D hof is te bang vat hul persoonlik aan. Laat hul geen pension ooit kry nie.

Nie Verbaas ·

Ek hoop dat die polisie n deeglike les in die arbeidshof geleer word. Nou weet n mens hoekom daar geen disipline by die meerderheid polisie lede is nie. Hulle mag mos se en doen wat hulle wil want die arme ou mensies is mos tot en met 26 jaar gelede “tenagekom”. Siestog.

Persheks Adri ·

Great gaan groot ASB! Laat hulle maar kry wat hulle toe kom en gou ook. Ek’s steeds teleurgesteld in die vonnis, maar nou ja, want dis net ‘n tikkie oor die vingers

Sarel ·

1. Wat van hulle vakbond….iemand moes aan hulle die advies gegee het en dit is hulle manier ook in die Privaatsektor.
2. Kyk nou vir vendetta optrede binne die Polisie want die vakbond is nog baie stil. Vendetta optrede waar die werkgewer die werksomgeewing vir die werker so onaangenaam maak as moontlik ismoeilik om te bewys

3. Vakbond se volgende taktiek gazn wees
Seksuele tystering.
Voorspoed vir die dame. Sy laat nie met haar speel nie.
Vakbond sal heel moontlik afdanking betwis

Frederik C ·

Ek sal ‘n mening waag: Die twee polisiemanne gaan bevorder gaan word.

Persheks Adri ·

Ek hoop nie so nie, want dan skep hulle ‘n president dat dit reg is, maar ek hoor jou! Met die klomp is enige iets moontlik saam met hulle hoed man

Derek ·

Hierdie uitspraak bring weer hoop. Hoevele Suid Afrikaners is deur leuens in howe skuldig bevind terwyl hulle onskuldig was net omdat die regstelsel n dubbele standaard handhaaf. Die Woord leer ons dat as jy vir jou broer se “Raka” het jy reeds moord gepleeg, die vraag wat elkeen moet antwoord, wie is jou broer? Die Woord in Daniel 12 verklaar dit baie duidelik sonder enige twyfel, die feit is dat baie mense in SA en veral onder die blanke kultuur hulself die reg toe eien om met leuens hul eie mense te verdruk. Dan doen hulle dit skaamteloos en sonder enige gewete, het ons kultuur ook so laag gedaal dat die Lig in jou dood is? Dan sit hulle op die kerk banke en staan hulle op kansels en oordeel hul eie mense terwyl ons die Lig moet wees! Dit is hoekom Exodus 34 ons waarsku om nie aan die tafel van die goddelose te sit en uit hul beker te drink. Christus self het ons gewaarsku teen die addergeslag! Leuens is maar net valse getuienis!

JM ·

‘n Kriminele rekord sou net geld as hulle wit was. ‘n Mens raak woedend verby!

Jannie van Niekerk ·

Indien iemand lieg, is hy oneerlik. Dit beteken dat die polisie oneerlikheid goedgesind is. Die regte straf vir hulle oortreding moes gewees het: summiere ontslag uit die pollsie sonder pensioenvoordeel plus vyftig jaar effektiewe tronkstraf. Maar omdat hulle swart is, mag hulle met ‘n misdaadrekord in die polisie aanbly. Daar mag mos NIKS aan hulle gedoen word nie. Indien dit twee wit polisiemanne was wat so teenoor ‘n swart polisie vrou opgtree het sou hulle lewenslange tronkstraf gekry het. Ek daag minister Hoedjie uit om teen hierdie stelling te stry.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou! Kleur tel in elk geval. Hoed sal niks sê nie en sy president ook nie jy weet mos tssssk

Tanniepetoors ·

Die Adjunk Nasionale Kommissaris: Personeeldienste het lankal ander probleme gehad. Maklikste manier om haar tafel leeg te kry was om onskuldige mense te verplaas tot hul nadeel

Strandloper ·

Ry hul Girl ! Die wannebe cowboy sal seekerlik weer n eier lê

Danie ·

Indien ek reg onthou, kry jy net ‘n kriminele rekord indien jy met tronkstraf gevonnis word sonder die keuse van ‘n boete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.